Word Herskep om te HerskepVoorbeeld
![Be Transformed To Transform](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2484%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
PREDIKING EN ONDERRIG VERGESEL DEUR DIE GEES VAN GOD
“Ek dank my God altyd oor julle ... Die boodskap van Christus is onder julle so goed gevestig ... ” (1 Korintiërs 4-6).
Ons leer uit hierdie verse dat Paulus se sending nie geëindig het met sy persoonlike verandering nie maar dat dit tot die geestelike koestering en ondersteuning van ander bygedra het. Paulus was aan God verskuldig omdat Hy sy genade aan hom geskenk het. Deur hom leer ons dat die verlossingsboodskap van God 'n verandering in ons skep, ons innerlike wese inspireer en ons hart versterk.
Paulus herbevestig ook dat dit die boodskap is wat belangrik is en nie die boodskapper nie en dat God se boodskap die huidige en toekomstige openbarings bevat. Die boodskap wat ons ontvang het, is nie 'n filosofie nie, maar is 'n Persoon wat van die begin tot die einde die kern van die Bybel vorm.
Saai die saad van geloof en laat die res aan God oor — 1 Korintiërs 2:14 AFR53
“Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; ... ”(Vers 14a AFR53)
Ons moet verstaan dat wanneer ons die evangelie ontvang, die reaksie en die gevolg slegs op die krag van God berus — want die boodskap van die kruis is onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir die wat gered word is dit 'n bron van krag. Daarom, wanneer ons die evangelieboodskap deel, is dit die beste om die resultaat aan God oor te laat.
Hy openbaar sy planne aan sy uitverkorenes. Ons kan weet wat die doel van God is deur die werking van die Heilige Gees in ons. Die Woord van God en die Heilige Gees openbaar die waarheid van God. Sonder die Heilige Gees kan niemand duidelik beweer dat Jesus Christus die Here is nie. Die gawe om te verstaan kom van die Heilige Gees, wat weer aan ons die denke van God openbaar.
Laat jou woorde en dade ooreenstem — I Korintiërs 3:3
Nadat ons die Woord van God ontvang en verkondig het, laat ons as volwasse gelowiges leef, gevoed deur die Woord van God en 'n heilige lewe te lei. As ons in gedagte hou dat ons 'n tempel van God is, laat ons wegbly van rusies, jaloesie en enige afgode in ons lewens. Laat ons as dienaars van God deur ons getuienis, mense na Christus lei.
Laat ons net fokus op ons deel om die saad van geloof te saai en water te gee, en laat die res aan God oor. Dit is altyd spanwerk wat seëvier in die koninkryk van God. Laat God die uitkoms van elke werk openbaar en blootlê. Die getoetste werk sal verseker beloon word. Laat ons daarom nie ontsteld wees as ons beproef en getoets word nie, maar onthou dat as ons die toets deurstaan, ons geseënd sal wees.
Aangaande hierdie leesplan
![Be Transformed To Transform](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2484%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ervaar God se roeping en verstaan sy doel vir ons. Om 'n lewe van getuienis te lei en ander van sy reddende genade te vertel. Om die teenswoordige tyd met 'n hoop vir die toekoms te oortref. Om te lewe as 'n waardige uitverkore werktuig vir God. Om eenheid in die kerk te bevorder en Christus alleen as hoof te handhaaf. Die verkondiging en onderrig van die Woord van God.
More