!Stres!Voorbeeld

!Stres!

DAG 2 VAN 10

Swaarkry sal klaarkry

’n Mens kan jou werk verloor. ’n Geliefde verloor. Jou sleutels verloor, of beheer oor jou motor verloor. Jy vind dalk uit jy skuld meer belasting as wat jy gedink het. Dalk ontdek jy ’n puisie op jou voorkop die oggend voor ’n belangrike onderhoud. Dalk kom jy af op ’n SMS wat jy nie moes sien nie, of ontdek jy ’n gewas, of ’n wavrag wasgoed wat nie vanself opgevou en gestryk gaan kom nie. Die lewe is vol komplikasies en ontsporings en dinge wat skeefloop – dinge waaroor ons geen beheer het nie.

Ons weet nie altyd wat vir ons voorlê nie, en ons kan dit beslis nie altyd beheer nie – maar ons kan wél probeer om in enige gegewe situasie die beste keuses daaromtrent te maak. Ons kan ons ook voorneem om op Jesus te vertrou, want Hy gee ons die versekering dat Hy alles wat ons moontlik kan bedreig reeds oorwin het.


STRESPUISIES? JIP!

Studente ervaar dat hulle noemenswaardig meer met hulle vel sukkel in eksamentyd omdat stres ’n mens hormone laat afskei wat tot inflammasie lei. Stres lei ook tot slegte slaap, minder oefening en onverstandige voedselkeuses (wanneer laas het jy gesien hoe iemand wat hoogs gespanne is, weglê aan ’n slaai?). Om ’n hele blok sjokolade te verorber, sal nie aknee veroorsaak nie, maar om gereeld kosse te eet wat hoog is aan verfynde koolhidrate (wat tot inflammasie lei) kan wél jou vel soos ’n tiener s’n laat lyk. Nee, ’n mens kan nie alle stres wegwens nie en hormonale skommelings is menslik – maar jy kán beheer hoeveel jy slaap, hoe dikwels jy oefen en wat jy in jou yskas het.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

!Stres!

Stres is ’n onmiskenbare en grotendeels onvermydelike deel van ons lewens en hoe gouer ons leer om dit te bestuur, hoe beter. Die beste manier om jou te verkwik, is om jou oor te gee aan afhanklikheid aan God. Word eenvoudig stil en laat al die afleidings staan. Hierdie 10 oordenkings, saamgestel uit SOOS APPELS VAN GOUD deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn, bied daaglikse pitkos en praktiese riglyne.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za