Hou die Kleingeld: Bestuur Jou Geld Verstandig Voorbeeld
Alhoewel begrotingswenke en finansiële raad fantastiese hulpbronne is, het die lewe soms 'n manier om ons onkant te betrap met onverwagse uitgawes. Wanneer dit gebeur, voel dit asof ons finansies buite beheer raak, wat spanning, angs en 'n ingesteldheid van skaarste veroorsaak. Shane en Lacey besef dit alte goed. Hier is hulle verhaal, wat ons dink jou sal bemoedig, ongeag die finansiële spanning wat jy dalk tans ervaar:
"Ons het alles verloor danksy die 2008 finansiële krisis. Ons het al die geld wat ons oorgehad het, opgebruik. Ons het elke kredietkaart tot by die maksimum laat oploop. Ons het enigiets verkoop wat nie absoluut noodsaaklik vir basiese oorlewing was nie. Ons nuwe huis is verkoop vir minder as die verbandwaarde en ons moes uiteindelik by my ouers intrek. Ons het wel as gevolg van hierdie moeilike tyd baie lewenslesse geleer. Ons het geleer hoe om met minder geld en met minder besittings te lewe en steeds gelukkig te wees. Die belangrikste les wat ons egter geleer het, was om God eerste te stel. Ten spyte daarvan dat ons alles verloor het, het ons gevind dat ons onverwags en merkwaardig gelukkig was."
"My pastoor, Craig Groeschel, het gepraat van 'minder is meer.' Hierdie woorde is waar. Minder goed is gelyk aan minder spanning en minder afleidings. Ek was in staat om regtig by my kerk betrokke te raak. Ek het na al die geleenthede vir mans gegaan, by die lofprysingspan aangesluit, Bybelstudie bygewoon en selfs lofprysing by die bediening vir die jeug begin lei. Al het ons nog op baie gebiede swaargekry, het ons as gesin uiteindelik ons prioriteite in die regte orde gehad."
"Gedurende die volgende paar jaar het ons finansiële situasie verbeter, maar hierdie keer was een ding anders. Ons het 'n nuwe perspektief gehad. God was ons eerste prioriteit. Ons het weer begin om ons tiendes te gee, nie omdat ons moes nie, maar omdat ons wou. Ons het ook begin om aan ander uit te deel. Ons het die vrymoedigheid gehad om dit te doen omdat ons vertrou het dat God, in sy oorvloed, vir ons alles sou gee wat ons nodig gehad het. Dit is wat 'n ingesteldheid van oorvloed beteken."
"Ons weet nie hoe die Coronavirus pandemie of enige ander krisis daarna ons finansiële toekoms sal beïnvloed nie. Maar God wil nie hê dat ons lewens belas moet wees met spanning oor geld nie. Hy roep elkeen van ons om ons tiende te gee en aan mense in nood te skenk terwyl ons vertrou dat Hy in elke situasie vir ons kan voorsien. Ongeag die stryd, sal Hy alles wat ons nodig het vir ons in oorvloed gee."
Aangaande hierdie leesplan
Geld kan 'n onderwerp wees wat ongemaklik is om te bespreek en moeilik is om te verstaan. Hoe ons ons geld aanwend kan egter bepaal hoe ons ons lewens deurbring. Hoe kan ons dan verseker dat ons God vereer en ander met ons finansies dien? In hierdie 7-dag leesplan, kyk ons na ware verhale van gewone mense wat leer hoe om beheer oor hul begrotings te neem en meer vrygewige lewens te lei.
More