Rut, 'n Verhaal van VerlossingVoorbeeld

Staan Uit
Vandag begin ons regtig God se voorsienigheid en plan aan die werk sien terwyl Rut haar nuwe lewe in Betlehem begin. Kan jy jou voorstel om Rut te wees? Sy was 'n weduwee uit 'n vreemde land wat nie gerespekteer is nie. Sy het maar onlangs eers 'n gelowige geword. Alles was vir haar nuut en onbekend. Ek is seker sy het steeds hartseer ervaar oor die verlies van haar man. Deur dit alles heen en ten spyte van elke emosie, het sy styf vasgehou aan die vertroue wat sy in God gehad het.
Aan die begin van hoofstuk 2 neem Rut die inisiatief om are op 'n land te gaan optel om kos op die tafel te sit. Volgens 'n Levitiese wet (Levitikus 19), moes stropers nie die hele land stroop nie sodat die hoeke vir die armes beskikbaar is. Nie net het Rut uitgegaan om die harde werk te doen om are bymekaar te maak nie, maar dit was vernederend.
Toe kom Boas, die losser op die toneel! Boas simboliseer dwarsdeur hierdie boek vir Jesus Christus, ons Verlosser. 'n Pragtige prentjie van Jesus wat die sondaar in sy liefdevolle arms neem. Wie is hierdie man met die naam Boas? Ons weet hy is 'n aangetroude familielid van Naomi. Ons weet ook dat hy 'n ouer man van aansien en rykdom in die gemeenskap is. Sy naam beteken letterlik "sterkte." Hy behandel sy werknemers goed en is vriendelik teenoor vreemdelinge. Die belangrikste is dat ons weet hy is 'n man van God.
Nadat Boas vir Rut in sy land gewaar en navraag oor haar gedoen het, sê hy vir haar om in sy land te bly waar hy sal seker maak dat daar na haar omgesien word. Na so 'n vriendelike aanbod val Rut op die grond neer en vra hoekom Boas haar met soveel goedhartigheid behandel. Onthou, Rut was 'n Moabiet, maar Boas het meer as oorskiet vir haar op die lande gelos.
Na haar vraag oor sy vriendelikheid, maak Boas 'n pragtige stelling. Nie net erken Boas Rut se innerlike skoonheid en karakter nie, hy spreek ook 'n seën oor haar uit.
God begeer om ons almal — die vreemdelinge, die armes, die eensames, die gebrokenes, die verbitterdes, almal — onder sy vlerke te neem. Hy begeer om JOU te beskerm en skuiling aan te bied. Om vir jou vertroosting en vreugde te bring. Boas se begeerte na Rut is 'n beeld van God se begeerte na ons. Dat ons almal rus en skuiling onder sy vlerke sal vind. God wil jou beskerm en jou toelaat om te groei tot die persoon wat Hy jou geskep het om te wees.
Toe Rut na Naomi teruggekeer het, het sy teruggekeer met meer kos as wat sy kon dink sy sou hê. Sommige geleerdes meen Rut het met genoeg kos vir 'n jaar weggestap! Vriend, vandag soek jy dalk stukkies hoop of genesing, maar God wil vir jou soveel meer gee! Verwag dat God vir jou oorvloedig sal voorsien, bo en behalwe wat jy kan hoop of jou kan voorstel!

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ons kan met min mense in die Bybel onsself meer emosioneel vereenselwig as met Rut; 'n arm, weduwee-uitlander wat God haar prioriteit gemaak het en toegekyk het hoe Hy haar lewe verander. As jy in jou omstandighede 'n bietjie aanmoediging soek, moet jy nie hierdie leesplan misloop nie!
More
Baie dankie aan Brittany Rust wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek brittanyrust.com vir meer inligting