Vergifnis: Die pad tot vryheidVoorbeeld

Vergifnis: Die pad tot vryheid

DAG 4 VAN 7

Geestelike beserings is nie jou hoofstorie nie

Ons almal was al slagoffers van slegte gebeure of het moeilike kollegas of familielede in ons lewe. Soms sukkel ons om daardie seerkry heeltemal uit ons gestel te kry. Party van ons het selfs ’n paar “geestelike beserings aan diens” opgedoen in die kerk. Sulke wonde is nie veronderstel om medaljes te wees wat gedurig uitgestal moet word nie. Om lewenslank aan ons seerkry vas te klou, is om ’n voltydse gevangene hiervan te wees. Dit verander ons in die hoof-slagoffers van al die slegste stories van ons lewe. Iewers moet ons sulke boeke toemaak. En dit toe hou. 

Vergifnis in die Bybelse sin van die woord is om daardie seer te laat los. Dit vra om voortdurend die keuse te maak om sonder bitterheid en wraakgedagtes voor die Here te leef. Sulke roetes is nie maklik nie. As dit was, sou almal dit reggekry het. Nogtans is vergifnis die pad van die Here. Dit is die pad tot vryheid. Verskuif jou blik na Hom wat jou op sy eie maniere vrymaak van donkerte en woede. Laat sy Gees jou bevry, dan sal jy waarlik vry wees.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Vergifnis: Die pad tot vryheid

Om te vergeef, kom nooit maklik nie. Vergifnis is vir seker nie om te maak of alles skielik reg is nie. In hierdie 7 oordenkings kom wys Stephan Joubert jou dit is om jou eie seer stukkie vir stukkie by die Here se voete neer te sit en dit daar te laat agterbly. Hierdie leesplan is saamgestel uit ’N VEILIGE VESTING deur Stephan Joubert.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za