MarkusVoorbeeld
Memoriseervers:
Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na 'n eensame plek en daar gebid.
Markus 1:35
Uitdaging vir die week:
Die evangelie van Markus vra twee hoofvrae: “Wie is Jesus?” en “Het jy geloof?” Soos jy hierdie evangelie bestudeer, let op wanneer die skrywer hierdie vrae eksplisiet of implisiet vra en wat die antwoord is, beide van die mense in die verhaal en in jou eie hart.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra die outeur: “Waar is jou geloof?” As jy daarna smag om 'n vaste geloof te hê in wie Jesus is en wat Hy kan doen, is hierdie Bybelstudie vir jou!
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/