Lewenslustig: 'n Lewe Die Moeite Werd Om Te LeweVoorbeeld
Ek het 'n uitdaging vir jou vir vandag. Maak 'n lys van die kwaliteite wat jy wens dat jy gehad het in 'n beste vriend. Wil jy hê dat hierdie vriend 'n goeie luisteraar moet wees? 'n Dienskneg? 'n Goeie sin vir humor moet hê? Om vriendelik te wees?
Nadat jy jou lys gemaak het, dan moet jy daardie persoon word! Jy word die vriend wat jy wens dat jy gehad het!
As ek 'n lys moes maak van al die eienskappe wat ek in 'n vriend wou hê, glo ek dat Paulus se lys in Efesiërs 4:32 by my lys sou pas. Dus sal ek vandag daardie persoon word.
Ek sal vriendelik wees met mense in my lewe. Ek sal vriendelike woorde gebruik en vriendelike dade wys. Ek sal selfs begin om vriendelike gedagtes te dink oor die mense in my lewe. Hoe wonderlik is dit nie om te verstaan dat die Vader die hele dag vriendelike gedagtes van my dink! Ek moet begin dink soos die Vader dink. Vriendelikheid neem altyd inisiatief dus sal ek selfgeldend vriendelik wees.
Ek sal meer en meer saggeaard raak. Ek sal nie ander veroordeel en hulle dade probeer beheer nie, maar ek sal deernisvol wees teenoor hulle en daarna strewe om opreg simpatiek te wees. Ek voel nederig deur die Vader se sagte hart teenoor my en ek sal myself dikwels herinner dat om 'n sagte hart te hê, en dit te wys, in die gesin loop.
Ek sal gedurig en vrygewig ander vergewe. Ek sal nie vashou aan seerkry en kleinlike wrokke nie, maar ek sal oordadig en mildelik toelaat dat die Vader se vergifnis deur my vloei. Ek sal myself dikwels herinner dat dit lekkerder is om te vergewe. Ek sal vergifnis bely met my mond selfs nog voor ek dit ervaar in my hart. Ek sal die mees uitspattige vergewer wees van my hele generasie! Ek sal baie vergewe omdat vir my baie vergewe is deur die Een wat my die liefste het en my die beste ken.
Elke karaktereienskap wat ons geroep word om te koester, elke daad van vriendelikheid of liefde, en elke woord van deernis or sagtheid is 'n sigbare refleksie van die Jesus binne ons. Jy word uitgenooi om te leef met die doel van die evangelie en om die karakter van God te demonstreer deur elke sel van jou liggaam! Jy is geroep om 'n lewenslustige wys-en-vertel te wees van wat God kan vermag deur een gewone mens. Doen dit nou!
Praktiese Toepassing:
Skryf vir Carol by carol@carolmcleodministries.com en laat haar weet hoe sy vir jou kan bid om 'n lewenslustige en oorvloedige lewe te leef.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Elke persoon kan kies om lewenslustig te wees, en so 'n lewe begin deur Jesus te volg. Elke karakter eienskap wat ons geroep word om te koester, elke daad van goedhartigheid of liefde en elke woord van deernis of sagtheid is 'n refleksie van Christus binne ons. Ons word geroep om 'n lewenslustige wys-en-vertel te wees van wat God kan doen deur een eenvoudige persoon.
More