Jy is GeliefdVoorbeeld
God se Geduldige Liefde
"Wanneer ons daar is, sal Ek weer vir haar wingerde gee, Ek sal die Akorlaagte 'n poort na 'n nuwe toekoms maak. Dan sal sy weer my liefde beantwoord soos toe sy jonk was, soos toe sy uit Egipte getrek het" (Hosea 2:14).
In my graad twee klas het daar 'n seun belowe hy gaan sy asem ophou totdat die meisie van wie hy hou, sê sy hou ook van hom. Ons het almal in angs gestaan en toekyk hoe sy gesig bloedrooi word totdat sy vinnig uitgeroep het: "Nou goed! Ek hou van jou!" Nodeloos om te sê, daardie "verhouding" het nie lank gehou nie.
In hierdie pragtige Skrifgedeelte in Hosea lees ons, alhoewel God se mense gekies het om ander gode te aanbid, God nie van hulle afstand gedoen het nie. Eerder as om hulle te dwing om Hom lief te hê, sê God Hy sal hulle weer die hof maak, mooi dinge vir hulle sê en vir hulle hoop gee waar daar niks was nie. Op hierdie manier sal God sorg dat hulle nie weer die name van die Baäls noem nie en hulle nooit weer aanroep nie (v. 16). Dit is Christus se belofte. Deur die dood en opstanding van Christus is die gordyn tussen ons en God oopgeskeur. Ons is ten volle vergewe en ons sondes is vergete. God maak die deure van hoop wawyd oop sodat ons kan sien Hy is nie 'n eienaar wat liefde afdwing nie, maar 'n geduldige God wat streef na 'n verhouding met ons. 'n Verhouding wat nie op ons afgedwing word nie, maar een wat ons begeer omdat Hy die diepte van sy liefde aan ons bewys het deur die bloed van Jesus Christus.
Dink vandag na oor die geduldige liefde van God. Hy gaan nie sy liefde aan jou opdring nie, maar Hy roep jou gedurig en is gereed om jou in sy ope arms te verwelkom.
Dank ons getroue God vir sy liefde terwyl jy bid. Vra Hom om jou te help om ander lief te hê soos Hy jou liefhet.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God het jou lief. Dit maak nie saak wie jy is of waar jy in jou lewe is nie, God het jou lief! In hierdie maand wat ons die liefde vier, onthou ook dat God se liefde vir jou groter is as enige ander liefde. Omvou jouself met God se liefde in hierdie 4-dag leesplan.
More