Kyknet Lydenstyd Gids 2022Voorbeeld
In hul nadenke oor die soeke na identiteit, bevestig verskeie bekende Christus-volgelinge — vanuit verskillende agtergronde — die feit van ons geliefdheid. Toe die teoloog, Karl Barth, gevra is om, na ‘n leeftyd van teologiese ondersoek, die kern van sy geloof op te som, het hy geantwoord met die woorde van die kinderliedjie: “Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God.”
Die herstel van die lewe op sy beste begin wanneer ons onsself ervaar as God se geliefde kinders. Slegs dan is ons reg om die gevaarlike reis na binne veilig aan te pak, om ons innerlike skadus en duisternis in die oë te kyk, veilig in die wete dat niks wat ons ontdek ons van God se liefde kan skei nie. Bewus van ons geliefdheid, kan ons met ‘n nuwe deursigtigheid na ander uitreik, en eerlik ons gedagtes en gevoelens erken, aangesien ons nie meer afhanklik is van hulle goedkeuring, of vasgevang is deur hulle verwagtinge nie. Wanneer ons persoonlike waarde nie meer gekoppel is aan prestasie nie, is ons vry om te slaag of te misluk. Ons begin om die “vryheid ... van die heerlikheid waaraan die kinders van God deel sal hê” te ervaar (Romeine 8:21).
Ter Nadenke
Doen vandag een ding wat God se liefde vir, en medelye teenoor jou vergestalt.
Gebed
Here, laat my hart en verstand ontwaak tot wie ek regtig is.
Die Boodskap vir jou Lewensreis
Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.
More
Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.mosaiek.com