Vrees OorgeskryfVoorbeeld
Ons almal ervaar vrees op een of ander manier. Miskien word jy wakker in die vroeë oggend ure, deur te onthou dat jy ʼn hoop rekeninge het wat wag om betaal te word met ʼn leë bankrekening. Of miskien slaap jy glad nie, omdat elke geluid wat jy hoor jou herinner aan die tyd wanneer hulle by jou huis ingebreek het. Soms is ons bang vir dit wat kom — ʼn siekte, die dood van ʼn geliefde of om alleen te wees. Daar is ook ʼn ander tipe vrees wat ons kan oor na dink. Baie van ons leef met die knaende bekommernis wanneer mense ons regtig leer ken, dat hulle teleurgesteld sal wees.
Vrees maak ons blind vir ons goeie eienskappe, vir ons vriendelike, liefdevolle en almagtige Vader en Heer. Daarom sê die psalmis in Psalm 27 dat al wat hy vra, is dat hy na die Here soek, in sy plek woon, op sy skoonheid kyk en navraag doen in sy tempel. Wat die psalmis die meeste wou hê is, te midde van die angswekkende woeligheid waarmee hy te kampe gehad het, was om naby God te wees en Hom te ken. Hy wou dit meer hê as wat hy wou hê dat sy probleme opgelos moes word.
Wanneer ons voel asof ons oorweldig word deur die duisternis wat vrees meebring, moet ons onsself afvra wat ons hart begeer. Verlang ons na ʼn oomblik saam met ons Verlosser, of probeer ons desperaat oplossings vind vir die probleme waarmee ons struikel?
As ons glans weg gesteel word van die enigste Een wat ons kan red, raak ons hart en verstand kwesbaar en kan ons oorweldig word deur vrees. God alleen is ons lig, redding en vesting. Wanneer ons oë gevestig is op Hom, kan ons nie anders as om ons te verwonder oor wie Hy is nie. Ons kan op die vaste fondasie staan wat sy liefde en genade bied, selfs terwyl die storm om ons woed.
Gebed:
Vader,
U het gesê “Soek my aangesig.” My hart sê vir U; “U aangesig, Here soek ek, moenie jou gesig van my af wegsteek nie.”
Help my om meer van U te leer ken, veral as ek bang is. Wanneer my oë op U gerig is, word ek herinner aan u groot liefde en krag. Ek rus in die wete dat U vir my as u eie kind sorg. Dankie dat U my lig is, my redding en my vesting is, omdat Jesus die offer gemaak het toe Hy aan die kruis gesterf het vir my sonde. Ek weet dat niks my van u liefde sal kan skei nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Vertrou in die waarheid wat seëvier.
More
Ons wil graag Bryanston Bible Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.bbc.org.za/