Every Nation Faith City - InperkingsbrieweVoorbeeld

Every Nation Faith City - Inperkingsbriewe

DAG 4 VAN 5

Dag 4 – Christus Die Hoogste

2020 was vol uitstekende planne, verwagtinge en idees, wat deur 'n wêreldwye pandemie belemmer was. Ongekende tye vra vir ongeëwenaarde toewyding. Wanneer ons deur probleme gaan en ons oorweldig word, moet ons onsself herinner aan wie Christus is.

Christus, die sigbare beeld van die onsigbare God, was al daar ​​voor enigiets geskep was, en is bo die hele skepping. God het Hom verhef tot die hoogste eer en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is. Die Naam van Jesus is kragtig, dit verander lewens en gee lewe. As ons ons oë op Jesus rig, verander ons perspektief.

Kolossense 3:1

"Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit."

Paulus het een ontmoeting met Jesus gehad en was nooit weer dieselfde nie. Die blinde man se sig is herstel, die vrou met bloedvloeiing is genees. Al wat dit vereis is een ontmoeting met Jesus en ons lewens sal vir altyd verander.

Ons leef in ongekende tye, gevul met twyfel en onsekerheid, maar hier is die waarheid: as ons aan die Woord van God vashou, is ons hoop en vertroue op God, al weet ons nie wat die toekoms inhou nie.

Wêreldwye pandemies sal kom en gaan, maar Christus bly deur alles heen dieselfde. Hy is die Begin en Voleinder van die geloof.

God het Homself getrou bewys. Getrou aan sy Woord en getrou aan sy beloftes. Ons hoop op Christus is vertroue in wie Hy is. Jy was miskien deur ʼn moeilike seisoen en  het soms moedeloos gevoel, maar dit is in oomblikke van swakheid wanneer ons volmaak word in Hom. Jesus is die Naam bo elke naam. Daar is vryheid, genesing en vertroosting in sy Naam.

Gebed:

Here, dankie dat U die anker van ons hoop is. Daar waar gebrokenheid en teleurstelling is, vra ons dat U die fondamente sal herstel en deur U liefde genees . 

In die Naam van Jesus. Amen!

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Every Nation Faith City - Inperkingsbriewe

Daar is ʼn oomblik in ons almal se lewe waar ʼn aspek van ons lewe, emosioneel of geestelik, onder inperking is. Die Apostel Paulus het briewe geskryf om kerke te bemoedig wat hulself vind in moeilike tye, terwyl hy self opgesluit was. Sy gevangeskap het hom nie gekeer om die goeie nuus te deel nie. Ons gaan met die dagstukke deur die boeke van Filippense, Filemon en Kolossense werk.

More

Ons wil graag Every Nation Faith City bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.enfc.co.za/