Getoets en Goedgekeur: 21 Lesse vir Lewe en BedieningVoorbeeld
Dag 3: Leef Jou Lewe met 'n Goddelike Ritme
"Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd" (Prediker 3:1).
Hoe sou jy jou huidige spanningsvlak beskryf? Sit jy 'n dag elke week opsy om te rus? Is jy die soort mens wat verantwoordelikheid ernstig opneem? Sou jy sê dat jy die behoefte het om mense en situasies te beheer? Hoe goed is jy daarmee om take aan ander te delegeer? Indien jy delegeer, veroorsaak dit vir jou spanning?
Hoe dink jy hou die vrae hierbo verband met die begrip van "ritme?" Die antwoord is alles. Jy sien, besige mense kry dinge gedoen en dan kry hulle meer take om te doen. Indien jy 'n organisasie wil laat groei, dit sien floreer, en om jou persoonlike belangstellings uit te brei, dan vereis dit dat jy leer hoe om jou struktuur in jou lewe te kry en te prioritiseer met behulp van 'n Goddelike ritme.
Die eenvoudige waarheid oor ritme is — daar sal altyd meer vir jou wees om te doen as waarvoor jy tyd het. Jy kan aanhou sê: "Net nog een ding, nog een tydperk en dan sal alles weer na normaal terugkeer." Hou op om jouself te mislei. Selfs al het jy uiteindelik die tydperk voltooi, is 'n nuwe een aan die kom met nuwe eise en verantwoordelikhede. Indien jy nie leer hoe om hierdie tydperk te hanteer nie, wat laat jou dink dat jy môre beter sal vaar?
Die Here het vir Moses spesiaal uitgekies om die kinders van Israel uit die Egiptiese slawerny na die beloofde land te lei. Moses het die verantwoordelikheid aanvaar om geskille op te los en het dikwels teenstand teenoor hom en God beleef. Terwyl die Hebreeuse volk op hulle reis was, het Moses se skoonpa Jetro, na hom toe gekom en hom gevra waarom hy elke dag met die mense om hom sit. Moses het geantwoord: "Die volk kom na my toe om na die wil van God te vra" (Eksodus 18:15).
Jetro het toe vir Moses wyse raad gegee om hom te help om sy probleem met sy ritme reg te kry. Hy het vir Moses gesê: "Verder moet jy onder die volk bekwame manne uitsoek, dienaars van die Here, mense wat die waarheid liefhet en nie hulle eie voordeel soek nie. Dan moet jy hulle oor die volk aanstel as leiers oor duisend, oor honderd, oor vyftig en oor tien" (Eksodus 18:21). Toe Moses Jetro se raad volg, het sy lewe teruggekeer na 'n Goddelike ritme.
Hierdie Skrifgedeelte identifiseer 'n ander soort vyand wat in die pad van 'n gebalanseerde ritme in ons lewens staan. Moses het vir Jetro gesê dat hy so besig is: "want die mense kom na my toe". Het jy al ooit in daardie strik getrap? Jou lewensmaat of 'n goeie vriend sal jou dalk vra hoekom jy die een moet wees wat al die verantwoordelikheid dra. Dan antwoord jy dat dit jou werk is, asof die wêreld sal eindig indien jy nie alles doen wat aan jou opgedra word nie. Dit is 'n leuen dat jy die enigste persoon is wat iets kan doen, en daardie leuen is 'n ritme-moordenaar.
Dink daaroor: Hoe lyk jou sabbat? Beoefen jy 'n gereelde rusdag? Indien nie, hoekom nie?
Hemelse Vader, openbaar aan my die leuen wat ek glo, wat die Goddelike ritme in my lewe versteur. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Van tyd tot tyd het ons almal nodig om terug te gaan na die basiese van die Christelike geloof en om weg te doen met die voortdurende lawaai en daaglikse bombardeering van die moderne lewe. Hierdie vyf-dag leesplan uit Tom Lane se nuwe boek, Getoets en Goedgekeur, verken vyf kernlesse in die lewe wat kan help om vir jou en jou geliefdes leiding te gee wanneer julle as bedienaars die wêreld deur moeilike tye help.
More