Leesplan inligting

Hierdie Kersfees, Moenie Opgee Nie, Kyk OpVoorbeeld

This Christmas Don’t Give Up, Look Up

DAG 2 VAN 6

Jou Sagmoedige Dog Kragtige Verlosser

Het jy geweet, duisende jare voor jy gebore is, het God presies geweet wat jy nodig het?

God het geweet dat jy ekstra krag nodig gaan hê sodat jy nie tou opgooi nie.

God het geweet dat jy ‘n Verlosser nodig het wat so groot is dat die hele melkweg te klein is vir Hom.

God het geweet dat jy ‘n Verlosser nodig het wat so sagmoedig en sorgsaam is dat jy jou na Hom sal wend in tye van pyn en swaarkry.

Eeue voor die geboorte van Jesus het die profeet Jesaja aangekondig dat God sy Seun aarde toe gaan stuur. Dit was 700 jaar voor die heel eerste Kersfees.

Hy het vir ons gesê die Verlosser sal kragtig en persoonlik wees – en Hy sal sterk genoeg wees om ons te red, maar ook sagmoedig en liefdevol.

Die mees indrukwekkende is dat God vir ons sê Jesus wil 'n persoonlike verhouding met ons hê.

Dit is 'n wonderlike voorspelling.

In Jesaja 40 sê God vir ons:

“Klim op ‘n hoë berg en roep hard, Sion, jy wat die goeie tyding moet bring, moenie bang wees nie. Sê vir die stede van Juda: Julle God is hier! Die Here God kom, Hy is die Magtige, Hy regeer. Hy bring die volk saam wat Hy Syne gemaak het, dié wat aan Hom behoort, is by Hom. Soos ‘n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors. Hy sorg vir die lammerooie” (Jesaja 40:9-11).

Weereens, Jesaja het nie net Jesus se sagmoedigheid voorspel nie, maar ook sy enorme krag.

“Die nasies is vir Hom soos ‘n druppel aan ‘n emmer, soos ‘n stoffie op ‘n skaal. As Hy die eilande op ‘n skaal sit, is hulle soos stofdeeltjies” (Jesaja 40:15).

Toe het Jesaja persoonlik geraak en het hy die koms van Jesus op ons daaglikse lewe van toepassing gemaak.

“Kyk op na die hemel: wie het die sterre geskep? Hy wat die hemelse leër laat uittrek in hulle volle getal, dit is Hy wat hulle elkeen gemaak het. Met sy groot krag, sy groot mag, sorg Hy dat geeneen van hulle ontbreek nie ... Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie” (Jesaja 40:26, 28-29).

Ek weet nie watter probleme jy hierdie Kersfees in die gesig staar nie. Ek weet nie watter laste jy dra nie. Ek weet nie watter hartseer, vrees, angs of verwarring jy dalk tans voel nie, maar ek weet dit:

Jou Maker is hier vir jou — met die krag van 'n tsoenami en die sagmoedigheid van 'n baba, gebore in 'n krip meer as 2 000 jaar gelede.

Praat daaroor

  • Dink aan ‘n probleem wat jy in jou lewe ondervind het en waarin jy die krag van God nodig gehad het. Hoe het daardie ondervinding jou nader aan Hom gebring?
  • Hoe was dit om in tye van swaarkry die sagmoedigheid van God te verstaan?
  • Hoe voel dit om te besef dat God bewus was van jou behoeftes lank voor jy ooit gebore is, en beplan het om Jesus te stuur om jou daarmee te help?
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

This Christmas Don’t Give Up, Look Up

Ons het al almal die uitdrukking gehoor: "Dinge begin beter lyk." Dit beteken die situasie verbeter. Die Bybel leer ons dat ons omstandighede en situasies beter sal word wanneer ons begin opkyk. Haal jou oë van jou omsta...

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid