Die Bybel vir Almal: God se Sendingopdrag vir OnsVoorbeeld

The Bible for All: God's Mission for Us

DAG 3 VAN 7

  

Die hele wêreld het Jesus nodig.

Jesus het dit oor en oor baie duidelik gesê, maar in Matteus 28:18-20 gee Hy vir ons die Sendingopdrag: “Jesus kom toe nader en sê vir hulle: 'Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld'” (AFR83).

Wat is ons opdrag? Dit is "Gaan". Dit is nie 'n voorstel nie! Dit is nie opsioneel nie. As jy 'n kind van God is, verwag God van jou om te gaan.

Wat is die taak? Gaan maak dissipels. 'n Dissipel is iemand wat die vyf dinge doen wat ons op aarde geplaas is om te doen: ken en wees lief vir God, groei tot geestelike volwassenheid, dien God met jou gawes deur bediening, deel die goeie nuus en aanbid God met jou hele hart.

Wat is ons gesag? Dit is nie een of ander regering of 'n aardse mag nie. Dis Jesus.

Wat is ons verantwoordelikheid? Is ons veronderstel om dissipels te gaan maak van sommige nasies? Nee. Alle nasies. Sluit dit Sirië in? Ja. Sluit dit Noord-Korea in? Ja. Sluit dit Iran in? Ja. Daar is geen nasie wat buite perke is nie.

Wat beteken dit vir jou? As die hele wêreld Jesus nodig het, moet jy die goeie nuus deel. Om dit geheim te hou, sou krimineel wees. As jy die geneesmiddel vir Alzheimers of VIGS of kanker geken het en jy het dit nie gedeel nie, sou dit krimineel wees. Ons het egter iets selfs beter as 'n geneesmiddel vir siektes.

Ons ken die geneesmiddel vir die menslike hart en die diepste behoeftes van die mensdom. Hulle het 'n Verlosser nodig. Hulle het vergifnis nodig. Hulle het nodig dat hulle verlede vergewe is, 'n doel om te lewe en 'n huis in die hemel het. Ons kan dit nie terughou nie. Ons moet dit deel.

Johannes 3:17 sê: “God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.”

Ek wil soos Jesus wees. Ek wil hê jy moet soos Jesus wees. Ons moet ophou om die wêreld te oordeel en so krities te wees. Kom ons raak net besig om die goeie nuus te deel.

Oorweeg …

- As God jou nie geroep het om na 'n ander land te trek en die evangelie te deel nie, wat kan jy nog doen om sy missie regoor die wêreld te ondersteun?

- Hoe dink jy sal jou bure en medewerkers voel as hulle weet jy het die geheim van die ewige lewe en jy het dit nie met hulle gedeel nie?

- Watter deel van die Sendingopdrag gee jou die moed wat jy nodig het wanneer jy bang of senuweeagtig is om die evangelie te deel?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Bible for All: God's Mission for Us

Geniet pastoor Rick Warren se inspirerende 7-dag oordenking oor wat die Bybel oor jou plek in die Sendingopdrag sê.

More

Ons wil graag vir YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek http://www.finishingthetask.com/