Vrouens wat Wen: Hoe om Volgens God se Manier in Jou Huwelik te WenVoorbeeld
Wen in die Huwelik deur in Liefde te Lei
Deur jou huwelik in liefde te lei, sal jy getuie wees van die vrug van liefde wat herhaaldelik geopenbaar word. Daar sal egter tye kom waar dit moeilik sal wees om in liefde te lei, indien nie onmoontlik nie. Jou fokus sal daarop wees om die seer en pyn te verlig wat jy voel weens iets wat jou maat gesê of gedoen het, en jou onmiddellike reaksie sal wees om jou maat ook seer te maak met dieselfde intensiteit van wat jy ervaar.
Jy smag na verligting en jou denke wil hê jy moet glo dat as jy aan jou maat doen wat hy of sy aan jou gedoen het, jy daardie verligting sal ervaar. In 'n wêreldse huwelik is hierdie soort vergelding of terugbetaling algemeen en te wagte omdat daar nie volgens Bybelse beginsels geleef word nie. Die beste reaksie vir Christene moet egter wees om in liefde te lei.
In tye wanneer jy sekere gedrag of optrede moet hanteer, soek jy begrip en eensgesindheid en probeer jy nie net om jou huweliksmaat te blameer en te beskuldig vir wat verkeerd gedoen is nie. Jy begeer eerder helderheid deur belydenis, nie omdat jy iets wil onthou om later te gebruik nie. Jy soek die hoekoms van jou maat se optrede of gedrag sodat jy kan vergewe en verby die insident kan beweeg wat probeer het om julle verhouding en uiteindelik julle huwelik te vernietig.
Om in die liefde van Christus te lei, sal jou aanmoedig om die ondersteuning of professionele hulp te soek wat jy dalk nodig het sodat jou huwelik kan genees en herstel. Liefde bedek, dit beskerm en dit vergewe!
As jy na die lewe van Jesus kyk, sien jy hoe bestendig Hy in liefde gelei het alhoewel Hy vervolging, korrupsie en selfs kruisiging deurgegaan het. Terwyl Hy aan die kruis was, het Hy God selfs gevra om diegene te vergewe wat Hom kruisig terwyl dit makliker sou wees om vir God te vra om hulle tot in die hel te veroordeel.
Wanneer jy sy voorbeelde volg, word dit makliker en begeer jy om in sy liefde te lei, selfs wanneer jou huweliksmaat in woorde of dade liefdeloos optree.
Nadenke: Met watter stappe kan jy vandag in jou huwelik begin om in die liefde van Christus te lei?
Aangaande hierdie leesplan
Te veel mense, selfs Christene, het probeer om die huwelik, hierdie verhoudingstelsel wat God ontwerp het, op hul eie te hanteer. Die huwelik was nooit bedoel om moeilik, ellendig of hartseer te wees nie, eintlik presies die teenoorgestelde. Vir paartjies om werklik die huwelik volgens God se bedoeling te ervaar, moet hulle Hom insluit. In hierdie leesplan neem Treal Ravenel jou op 'n reis hoe om die huwelik te beleef soos God dit beoog het.
More