Volg God se HartVoorbeeld
![Go After God's Heart](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2272%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Leer in die Spel
Op dag een van hierdie leesplan het ons die eerste deel van 1 Samuel 16 gelees toe Dawid as toekomstige koning gesalf is. Vandag se voorlesing kom uit die tweede helfte van hoofstuk 16 en vind sowat twee jaar later plaas. 'n Verloop van ongeveer 730 dae, en wat doen Dawid? Hy sorg nog steeds ywerig vir skape.
Dink weer daaroor. Twee jaar nadat Dawid deur God gesalf is om die toekomstige koning te wees, kry hy boodskappe van die huidige koning se seun. "Sal jy wiegeliedjies vir my kranksinnige pa speel?" Dawid het gegaan, Saul uitgeskop, oorgeneem en vir altyd gelukkig regeer. Nee, dit het nie so gebeur nie. Hy het musiek gaan speel vir die man wat onbevoeg was vir die werk wat God aan Dawid belowe het.
Wat het dit te doen met die leiding van 'n kleingroepie? Soos vir Dawid, kan God jou 'n roeping gee. Soos Dawid, moet jy getrou wees aan die dinge wat God tussen jou en jou roeping plaas. Dawid was getrou om skape op te pas, al was hy gesalf om koning te wees. Hy het nie direk van herder na koning oorgegaan nie. Hy het in die koninklike omgewing inbeweeg as 'n musikant vir die koning en toe as die koning se wapendraer. Hy het gesien hoe dit vir 'n koning is om deur boosheid gepynig te word, en hoe om 'n koning vir veldslag gereed te maak. Soos met Dawid, weet God watter ervarings jy nodig het om 'n wonderlike leier van 'n kleingroepie te word. Betree dus die spel en begin leer!
Wenk vir die Leier: Moenie wag vir iets groots nie. Begin waar jy is, en leer in die proses.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Go After God's Heart](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2272%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Om 'n kleingroep te lei, gaan daaroor om mense te lei om Jesus te volg, nie waar nie? Maar hoe lyk dit in die werklike lewe? Ons glo dit begin wanneer — jyself — Hom noukeurig volg. Die LifeGroups-span van Life.Church ontleed leierskapbeginsels in die lewe van Dawid, wat deur God self "'n man na My hart" genoem is. Begin vandag hierdie leesplan, en neem 'n reuse tree nader aan God se hart.
More