Lewenslustig: 'n Geroepe LeweVoorbeeld
Die kernroeping om 'n lewenslustige lewe te leef is nie soveel wat jy kies om te doen nie, maar eerder wie jy kies om te wees. Jy is geroepe om soos God te wees. Wanneer iemand vir God naboots, gaan dit net soveel daaroor om sy gedrag na te boots as wat dit daaroor gaan om jou hart te dissiplineer om God se liefdevolle en sagte hart na te boots.
Dit is vir 'n mens onmoontlik om iemand na te boots wat jy nog nooit dopgehou het nie. Vir jou om die Vader na te boots, moet jy Hom dophou, en om dit te doen moet jy die Bybel lees. As jy die hart van God wil ken, lees die Woord.
As die Here se geliefde kinders, is ons die ontvangers van sy goedheid, guns en genade; as ons die opdrag het om Hom na te boots, moet ons ook die kanale wees waardeur sy goedheid, guns en genade vloei. Ons moet goedheid oor mense uitstort asof dit verniet is … want dit is! Ons moet oorloop van genade asof dit oorvloedig is … want dit is! Ons moet liefde rondstrooi asof dit maklik is … want dit is! En ons moet stadig wees om kwaad te raak, want ons het dit by ons Pa geleer. Dieselfde Vader wat stadig is om kwaad te raak oor jou tekortkominge sal vir jou sy emosionele DNS gee om jou in staat te stel om ook stadig te wees om kwaad te raak. Wat 'n wonderlike lewe word ons geroep om onsself in te deurweek!
Jy word so onvoorwaardelik en ten volle liefgehê deur die Een wat jou geskep het, dat daar geen beter of meer gepaste naam vir jou kan wees as die kosbare identiteit van Geliefde nie, wat in Grieks agapetos is. Die grondwoord van die woord is agape, wat die liefde van God teenoor sy kinders beskryf. Agape is 'n onvoorwaardelike, diepgaande, ten volle en entoesiastiese liefde van die Vader wat ons toevou in sy karakter. Agapetos, wat jou Godgegewe naam is, beteken "geliefde, geagte, liewe, gunsteling, God se liefde waardig.”
Ek hoop van vandag af sal jy jou naam, Geliefde, met eer en vreugde dra. Ek hoop dat jy jou naam hardop sal verklaar wanneer die vyand probeer om jou met 'n leuen te herbenaam. My gebed is dat jy sal weet wie jy is en dat jy die God wat jy naboots sal ken.
Praktiese toepassing:
Skryf vir Carol by carol@carolmcleodministries.com en laat haar weet hoe sy vir jou kan bid om 'n lewenslustige en oorvloedige lewe te leef.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Paulus, 'n bevryde gevangene van die Here, het die kerk by Efese gesmeek: "laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het." Ons is die Vader se verteenwoordigers op aarde en ons roeping is om goeie verteenwoordigers van Hom te wees. Soos jy daarna strewe om 'n lewenslustige of 'n oorvloedige lewe te leef, word jy al hoe sekerder van jou roeping en uitverkiesing.
More