Die Voorhuwelikse KursusVoorbeeld

The Pre-Marriage Course

DAG 3 VAN 5

Toewyding

Toewyding bou vertroue tussen ons, dit laat ons toe om kwesbaar teenoor mekaar te wees en daag ons uit om ons diepste gedagtes en gevoelens met mekaar te kan deel. Toewyding stel ons in staat om die toekoms saam te beplan, om nuwe dinge te probeer, om foute te maak, om te vergewe en die vertroue om aangeleenthede op te haal wat bespreek moet word — toewyding is die wese van 'n huwelik, die kern daarvan.

Twee gevolge van toewyding:

  1. Vriendskap
    Die toewyding in 'n huwelik vervul ons verlange na 'n dieper verbintenis met ons emosies en fisieke intimiteit. Die huwelik is nie die enigste manier om eensaamheid te oorkom nie, maar dit is die naaste moontlike verhouding tussen mense.
  2. Gesinslewe
    Die toegewyde liefde tussen ouers beteken dat hulle kinders die positiewe voorbeeld van 'n intieme, toegewyde, langtermyn verhouding eerstehands sien en ervaar. Een van die beste maniere hoe ouers hulle kinders kan liefhê, is om mekaar lief te hê. 'n Sterk huwelik kan 'n kringloop van mislukte verhoudings in 'n familie breek.

Skep 'n gelyke vennootskap tussen julle

Elke paartjie moet die volgende uitwerk:

  • wie doen wat
  • wie neem die besluite
  • wie neem die leiding wanneer dinge gedoen moet word

Ons maak miskien aannames oor watter verantwoordelikhede elkeen moet neem, vanuit die voorbeeld van ons ouers (ons hoof rolmodelle) se huwelik, maar dit sal nie noodwendig dieselfde wees as ons maat se idees nie. 

Bespreek julle verwagtinge oor wie vir wat in julle verhouding verantwoordelik is en hoe dit dalk verskil van elkeen se agtergrond en ervaring in julle gesinne.

"Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig" (Efesiërs 5:21)

Die Nuwe Testamentiese model van wedersydse onderwerping

  • gee aan Christene 'n radikale nuwe manier oor hoe om saam te lewe
  • vereis om wedersyds aan mekaar te gee
  • ontmoedig manlike oorheersing en beheer

Christelike onderrig het daartoe gelei dat die huweliksverhouding gesien word as 'n gelyke vennootskap van wedersydse gee.

"Onderwerping" beteken nie om passief te wees nie, maar

  • om nie veeleisend of beherend te wees nie
  • dit beteken om die ander persoon eerste te stel
  • dit is 'n vorm van liefde wat die ander persoon se behoeftes bo jou eie stel

Bepaal watter verantwoordelikhede elkeen die beste gaan pas en

  • gebruik julle verskille om mekaar te dien
  • neem die leiding of begin iets nuuts in sekere areas van jul gesamentlike lewe
  • ondersteun jou maat in ander areas

Om so lief te hê, is produktief en behels opofferings tot voordeel van jou maat.

Onderwerping aan mekaar is die sleutel tot 'n liefdevolle huwelik.

Die huweliksverbond

Die verbond wat ons aangaan wanneer ons trou, is 'n besluit wat ons maak om onsself in liefde heeltemal aan mekaar oor te gee, en dan word dit 'n besluit wat ons elke dag in ons huwelik moet versterk.

Die huweliksverbond hou 'n paartjie bymekaar wanneer hulle deur moeilike tye gaan, soos elke paartjie sal ervaar.

Die beloftes wat ons teenoor mekaar maak, vestig ons huwelik, bring 'n diepe sekuriteit en verskaf aan ons 'n veilige ruimte waarin ons openlik en kwesbaar teenoor mekaar kan wees.

  • hulle gee ons die vertroue om ons maat toe te laat om ons ten volle te leer ken (insluitend daardie dele wat ons so goed wegsteek) en dit ontwikkel intimiteit.
  • die beloftes fokus nie op wat jou maat vir jou kan doen nie, maar wat jy vir jou maat kan doen 
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Pre-Marriage Course

Sterk huwelike ontwikkel nie sommer net outomaties nie. Ons hoop dat julle die gesindhede, waardes en gewoontes sal ontdek wat nodig is om 'n gesonde en sterk huwelik te bou wat 'n leeftyd sal hou. Hierdie 5-dag leesplan is aangepas uit die voorhuwelikse kursus, geskep deur Nicky en Sila Lee, skrywers van "The Marriage Book".

More

Baie dankie aan Alpha wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://themarriagecourse.org/try/the-pre-marriage-course