Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 4 VAN 29

Lees: Genesis 9:12-17

SOAP: Genesis 9:12-13

Toe het God gesê: “Dit is die teken van die verbond tussen My en julle en die wilde diere by julle, 'n verbond wat vir alle toekomstige geslagte geld: my reënboog het Ek in die wolke geplaas. Dit sal die teken wees van die verbond tussen My en die aarde.”

Oordenking

Ons vergeet. Elke week, elke dag vergeet ons die goedheid van God en alles wat Hy vir ons gedoen het. Ons lewens is so vol dat ons nie baie plek maak vir God nie. Ons lees nie sy Woord op die manier wat ons moet nie, ons oordink nie wat Hy vir ons gedoen het soos wat ons moet nie en ons gaan nie na sy troon in gebed soos ons moet nie. 

Maar God! Hy vergeet nooit nie. Hy dink elke dag spesifiek aan elkeen van sy kinders en sorg vir hulle. Daar gaan nie 'n dag verby wat God nie aan jou dink nie. Hy maak beloftes en Hy hou sy beloftes. Die Here sal elke belofte hou wat jy in die Skrif vind. Hy wou hê dat Noag, en elkeen wat na hom sou kom, dit onthou en daarom het Hy 'n teken in die lug geplaas. Van daardie dag af sou Noag nie die belofte vergeet dat God nooit weer die aarde deur 'n wêreldwye vloed sal verwoes nie. Inteendeel, God sal sy skepping bewaar tot Hy weer kom en alles nuut maak. Wanneer jy 'n reënboog sien, onthou hoe God voortgaan om die belofte wat Hy met Noag gemaak het, te hou. Dit is 'n belofte vir alle generasies. 

Gebed

Dankie Here dat U altyd u beloftes hou. Ons kan staatmaak op u Woord, want U doen wat U sê U sal doen. Help ons om die belofte wat U met Noag gemaak het te onthou elke keer as ons 'n pragtige reënboog sien en help ons om ons beloftes aan U te hou. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com