Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 13 VAN 29

Lees: 2 Samuel 7:1-17; Matteus 1:1-17

SOAP: 2 Samuel 7:16

“Jou koningshuis en jou koningskap sal vir altyd vas staan; jou troon sal altyd voortbestaan.”

Oordenking

Koninkryke en ryke, konings en heersers; een vir een word hulle vir 'n tydperk opgebou, en dan word hulle afgebreek. Geen koninkryk duur vir ewig nie, behalwe een. God het 'n belofte aan koning Dawid gemaak dat sy koninkryk geen einde sou sien nie. Miskien het Dawid gedink dit was omdat sy koninklike lyn vir ewig sou aangaan, maar ons weet nou dit is omdat Jesus op Dawid se troon sit.

Jesus is 'n afstammeling van Dawid en daarom 'n regmatige erfgenaam van Dawid se troon. Die troon wat Jesus inneem, kan nie omvergewerp word nie en sy koninkryk kan nie afgebreek word nie. Diegene wat aan Jesus behoort, behoort ook aan 'n koninkryk wat met regverdigheid, liefde, vrygewigheid, genade en krag regeer word. Hoe dankbaar moet ons tog wees dat ons aan so 'n koninkryk en so 'n koning behoort.

Gebed

Here, U is die Koning van die konings en Heerser van almal, maar slegs diegene wat in U glo, sal deel van u koninkryk kan wees. Help ons om lief te wees vir wie U is, U te gehoorsaam en gee ons die passie om ander van U en u koninkryk te vertel. Amen.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com