Liefde Tree Op — Ervaar 'n Lewe van Liefde in wat in Dade OorgaanVoorbeeld

Wie, Ek, God?
Soms dink ek God gebruik die mees onverklaarbare gebeure in ons lewens om ons na hom toe te lei. Elke keer moet ons besluit of ons dit wat nou gebeur wil aangryp of daarvan wil terugdeins. Diegene wat daagliks vir Jesus in Galilea gevolg het, moes ook hierdie besluit neem omdat daar nie padkaarte, aanlyn programme of sekerheid van enige aard was nie. Al wat hulle gehad het, was hierdie persoon, 'n idee, en 'n uitnodiging om te kom kyk.
Ek hou van die Skrifgedeelte waar God vir Moses kies om sy volk uit Egipte te lei. Moses het teengestribbel, want hy het gedink niemand sou hom volg nie. God gee hom toe drie wonderwerke om selfvertroue te kry om sy boodskap oor te dra, maar Moses het homself weer daarteen verset met die verskoning dat hy hakkel en nie 'n gehoor kan toespreek nie. Hy vra vir God om tog iemand anders te kies. Toe Moses homself weereens verset, was God 'n bietjie vies vir hom en Hy gee Moses opdrag om vir Aäron saam met hom te neem. Ek dink nie Moses het Aäron werklik nodig gehad nie, maar Moses het verkeerdelik gedink dat hy iemand belangrik moes wees om deel te word van wat God wou doen.
Miskien doen God nou iets onverklaarbaar in jou lewe. Ons elkeen kan daagliks besluit of ons God se uitnodiging gaan aanvaar of daarvan wegdraai — om ja te sê, dit te ignoreer, of om aan God te verduidelik waarom Hy die verkeerde persoon gekies het.
Die verhaal van Josef het meer draaie as 'n bergpas in die Wes-Kaap. Dit is 'n emosionele tuimeltrein, maar dit eindig met Josef wat tweede in bevel van Egipte word. Josef noem twee keer aan die einde van die boek dat God hom daar geplaas het om baie lewens te red. As jy mooi daaroor nadink was die rede waarom God Moses gekies het, ook om baie lewens te red. Dieselfde geld vir Jona en Petrus en al die dissipels — en vir Jesus self. Ja, ook vir ons. Ons almal se doel is om lewens te red. God is altyd besig om lewens te red — en dit wil voorkom dat Hy gewoonlik die mees onwaarskynlike mense gebruik om dit te doen.
Wanneer God jou dus volgende keer vra om iets totaal onverklaarbaar te doen, iets wat jy dink 'n poets is omdat dit 'n besluit verg en soveel moed wat ver bokant jou vermoëns is, iets wat dalk lewens kan red, sê net "ja".
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie sewedag-leesplan is gebaseer op die boek deur Bob Goff om ten volle te lewe. Vind uit watter verskil jy kan maak as jy verby die beplanningstadium by die gedeelte kom om van geloof na dade oor te gaan — want liefde bly nie net by beplan en daaroor dink nie. In kort: liefde tree op — dit gaan oor in dade.
More
Verwante Leesplanne

Voltydse Volharding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Delf dieper deur Romeine

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Staan weer op

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
