Seën vir jou sielVoorbeeld

Seën vir jou siel

DAG 2 VAN 7

Jy’s sterker as wat jy dink! 

Iewers in ons sluimer daar ’n vrees dat, wanneer die ergste met ons gebeur, ons dit nie sal kan hanteer nie. En so broei die "sê-nou’s" in ons harte en is ons onnodig bang vir baie dinge wat nooit sal gebeur nie. Maar dan is daar ook dié kere wat die onverwagse wel oor jou lewenspad kom: iemand naby aan jou stel jou teleur, ’n kosbare verhouding kom tot ’n einde, jy verloor jou werk, of nog erger, jy verloor ’n ledemaat of belangrike liggaamsfunksie, of een van jou geliefdes word ernstig siek, beland in ’n ongeluk, of sterf selfs.

As ’n "sê-nou" wel in jou lewe gebeur het, kan jy maar weet: jy is regtig nooit alleen nie. Selfs nie wanneer dit so voel nie. Jou Vader se arms vou met onmeetbare deernis om jou en wanneer jou situasie op sy heel ergste is, sál sy genade jou wel daardeur dra.

Onthou ook: jy sal nooit weet hoe sterk jy regtig is voordat dinge met jou gebeur nie. Eers dán sal jy besef hoeveel reserwes, krag, moed, geloof en oorlewingsinstink daar regtig in jou is. Ja, jy mag met tye heeltemal ten gronde gaan, voel of jy nooit weer jou kop kan lig nie, maar jy sál elke dag die stuk genade ontvang wat jy dáárdie dag nodig het.

As die ergste met jou gebeur, sál jy sterk genoeg wees. Juis omdat die Gees jou sterk genoeg sal máák.

VADER, EK WÉÉT VANDAG DAT DAAR NIKS MET MY KAN GEBEUR WAT U EN EK NIE SAAM KAN HANTEER NIE.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Seën vir jou siel

Milanie Vosloo nooi jou met deernis uit om stil te kom word by die Fontein van Vrede en weer sy musiek te hoor. Sy wil jou opnuut bewusmaak van God se oneindige genade en liefde vir jou, van sy onverdiende goedheid en guns. Sodat jy opnuut kan jubel oor "die-lewe-is-’n-lied-tye" wat so onverdiend uit sy hand kom. Hierdie 7-dag-leesplan is saamgestel uit SIMFONIE VAN SEËN deur Milanie Vosloo.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/