Hoe om Dankbaar te Wees vir Jou LeweVoorbeeld
Finansies
Het jy geweet die Bybel praat oor geld, besittings en die versameling van rykdom in meer as 2 000 verse? Trouens, 11 van die 39 gelykenisse wat Jesus die mense geleer het, handel juis oor die onderwerp. Dit is waarskynlik veilig om te sê dat God geweet het daar sal 'n versoeking en 'n neiging wees om sleg met geld te werk.
Ongelukkig is ons liefde en aanbidding vir geld meer as wat dit moet wees. Ons wens gereeld ons het meer daarvan. Ons dink ook dat 'n besitting of 'n bedrag geld blywende dankbaarheid sal meebring, maar dit is in werklikheid 'n tydelike oplossing wat gou weer bevredig sal moet word.
Jakobus 1:17 (NLV) leer ons dat ons God die gewer is van "... net goeie, ja, volmaakte gawes ..." Indien ons dit toepas sal ons denke oor ons finansies verander. Laat ons hierdie wenke oorweeg wanneer dit by die groei van ons dankbaarheid op hierdie gebiede kom:
- Waar jy woon. Die grootte van ons huise mag dalk verskil, maar die meeste van ons het nogtans 'n plek om te woon. Dank God vir die gawe van 'n plek om te woon, ongeag die grootte of styl.
- Wat jy besit. Die meeste van ons het klere wat ons nie dra nie, en het die vermoë om musiek te stroom of boeke te lees op 'n toestel wat ons toelaat om enige inligting in die hande te kry. Ons wil egter, nog steeds hê wat ons nie het nie. Neem 'n bietjie tyd om jou denke reg in te stel en dank God dat Hy voorsien het in dit wat jy besit.
- Wat jy op die punte van jou vingers beskikbaar het. Indien dit binne jou vermoë is om skoon water te kry wanneer jy die kraan oopdraai of kos by ‘n kruidenierswinkel te koop, is jy meer geseënd as die meeste mense in die wêreld. Dank God vir die gawe van hierdie geriewe.
Dit is wys om ons inkomste as 'n gawe te sien, ongeag hoeveel geld ons verdien. Dit is moontlik dat daar baie mense in die wêreld is wat sal dink dat ons lewenstyl wonderlik is. Indien ons dit regkry om die liefde vir geld te vermy sal dit ons help om meer tevrede te wees. Ons doen dit deur geld te gebruik en nie daarvoor lief te wees nie.
In die kern van ons behoefte om meer geld en besittings te verkry, is daar 'n misverstand van wat ons werklik nodig het. Filippense 4:19 (NLV) sê: "Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het." God gee te veel vir ons om, om vir ons alles te gee wat ons wil hê, maar Hy is geweldig lief vir ons en sal in ons behoeftes voorsien.
Aangaande hierdie leesplan
Regdeur die Bybel word ons geroep om "dankbaar te wees" en "dankie te sê". Hoekom? Omdat ons baie het om voor dankbaar te wees! Ons word egter nie per ongeluk dankbaar nie, maar deur 'n doelbewuste gewoonte van dankbaarheid, sal ons selfs beter weergawes van onsself word soos ons Jesus volg.
More