Die Bybel Het Wát Gesê?Voorbeeld

Enkellopend teenoor Getroud
In 1 Korintiërs skryf die apostel Paulus met groot vrymoedigheid aan hierdie jong kerk in Korinte. Tot so 'n mate dat dit vir baie gelowiges 'n moeilike saak was. Hier is een spesifieke vers wat vir die mense moeilik was om te begryp:
"Vir die ongetroudes en die weduwees sê ek: Dit is vir hulle goed om ongetroud te bly soos ek" (1 Korintiërs 7:8).
Om waarlik die huwelik te verstaan, moet ons die konteks van hierdie vers lees, en die groter prentjie van die huwelik in die hele Bybel raaksien.
Eerstens, wat hier in 1 Korintiërs 7 gebeur, is groter as net hierdie vers. Hy praat met 'n kerk wat sukkel met hulle reinheid. Dit is in dieselfde Skrifgedeelte waarin hy ook aan getroude pare raad van God gee. Paulus sê nie die huwelik is verkeerd nie; dit kom voor dat hy net sy eie gedagtes oor die onderwerp met hulle deel.
As ons teruggaan na die eerste boek van die Bybel, sien ons dit is God se begeerte dat daar 'n huwelik tussen man en vrou moet wees. God het man en vrou geskape en hulle beveel in Genesis 9:7 om "vrugbaar te wees en baie [te] word." In Genesis 2:18 staan spesifiek: "Dit is nie goed dat die mens alleen is nie … ”
Dus, met daardie konteks in gedagte, wonder baie mense of hierdie 'n opdrag van God is of net Paulus se voorstel. As ons verderaan na 1 Korintiërs 7:10 kyk, sê Paulus: "Die getroudes beveel ek – nee, nie ek nie, maar die Here ... " Dit kan te kenne gee dat die verse waar hy voorgestel het dat mense enkellopend moes bly, sy eie voorstelle was. Dit kom dus voor dat Paulus versigtig is om te onderskei wat God se opdragte en sy eie menings is.
Wat kan ons dus hier leer? Die huwelik is 'n seën van God en dit is krities wanneer dit by die doel van die skepping kom. Nietemin, net omdat God die huwelik ingestel het en dit aanbeveel, beteken dit nie almal wil (of moet) trou nie.
As jy wonder of jy moet trou of enkellopend bly, weet net: wat God ook al aan jou wys, is sy pad vir jou lewe. Die een is nie 'n hoër roeping as die ander nie. Daar is 'n doel met albei paaie.
Aangaande hierdie leesplan

As jy al ooit vrae oor die Bybel gehad het, is jy in goeie geselskap! Ons was al almal daar. Soms kan dele van die Bybel regtig verwarrend wees. In hierdie leesplan sal ons sommige Skrifgedeeltes bespreek wat moeilik kan wees om te verstaan en ons sal handige wenke leer om die Skrif te bestudeer.
More