Jesus se WonderwerkeVoorbeeld
Vyf Duisend Word Gevoed
Hierdie is een van die bekendste wonderwerke wat Jesus gedoen het. Tot so 'n mate dat dit in al vier Evangelies voorkom — Matteus, Markus, Lukas en Johannes. Voordat ons in die verhaal delf, moet ons eers die gebeurtenis verstaan wat net voor dit plaasgevind en wat Jesus se hart gebreek het.
Johannes die Doper, Jesus se neef — hy van wie daar geskrywe staan: “... hy sal die pad vir jou regmaak” (Matteus 11:10), is so pas doodgemaak. Jesus het Homself onttrek van almal toe Hy dit uitgevind het, maar natuurlik, toe die skare hoor Hy is naby het hulle Hom gevolg. Te midde van sy rou het Jesus deernis gehad vir die mense en steeds die siekes gesond gemaak.
Matteus vertel dat die skare die grootste deel van die dag daar was, dus het die dissipels voorgestel “... stuur die mense terug dat hulle vir hulle kan gaan kos koop in die dorpe.” (Matteus 14:15). In plaas daarvan sê Jesus vir hulle om vir die mense kos te gee, maar die dissipels sê hulle het te min kos — net vyf brode en twee visse.
Jesus het die menigte beveel om op die groen gras te gaan sit. Hy het die seën gevra oor die vyf brode en die twee visse, die brood gebreek en dit vir die 12 dissipels gegee om vir die mense uit te deel. Ons lees dat almal geëet het, genoeg gekry het en dat daar nog oor was. Van wat begin het as 'n klein hoeveelheid kos, het 12 mandjies vol oorgebly.
Volgens Matteus 14:21, was daar 5 000 mans wat geëet het, afgesien van die vrouens en kinders. So dis omtrent 15 000 tot 20 000 mense wat geëet het — miskien meer.
Vandag se Les: Wees 'n Gewer
In hierdie verhaal kon die dissipels net nie sien hoe die bietjie kos die groot hoeveelheid mense gaan voed nie — dit maak net nie sin nie. Die geleerdes dui aan dat die wonderwerk van vermenigvuldiging eers plaasgevind het toe die dissipels die kos begin uitdeel het. Dit sou hulle sekerlik laat ophou twyfel het as 'n groot hoeveelheid kos beskikbaar was vóór hulle begin uitdeel het. Dit is nie wat Jesus beplan het nie. Hy wou hulle geloof vermeerder.
Dit is gewoonlik hoe ons reageer wanneer ons gawes gee. Ons sien ons finansiële stand en dink: “Ek kan nie bekostig om te gee nie.” Ons besluit om te wag tot ons genoeg het, en voor ons weer kyk, het ons nooit iets gegee om 'n verskil te maak in ons kerk, gemeenskap of ander mense se lewens nie.
Ons almal besit iets wat 'n verskil kan maak. Die seun wat slegs die vyf brode en twee visse gehad het, het vir Jesus alles gegee wat hy gehad het, en kyk net wat het Jesus daarmee gedoen het. Mag ons wat ons het na Jesus bring en Hom vertrou om dit te vermenigvuldig vir sy doel. Kom ons hou op om te wag totdat ons genoeg het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Terwyl Jesus op die aarde was, het Hy meer wonderwerke verrig as wat ons van weet. Hy het siekes genees, mense weer lewend gemaak, en fantastiese dade verrig wat toeskouers sprakeloos gelaat het. In hierdie leesplan gaan ons leer oor vyf wonderwerke wat Jesus verrig het en die waarhede wat ons daaruit in ons lewens kan toepas.
More