Beter As NormaalVoorbeeld

Better Than Normal

DAG 3 VAN 5

Werk

Werk is 'n goeie ding wat God aan ons almal gegee het. Kinders werk by die skool en verrig take by die huis. Tieners beoefen sport, en sommige kry hul eerste werk. Volwassenes werk daaraan om kinders groot te maak, ander te dien en maatskappye te bestuur. Sommige van ons gaan werk op 'n ander plek as die huis, en ander nie. Sommige van ons word betaal vir ons werk en sommige nie. Sommige van ons hou van ons werk, en ander nie. Ongeag van wat ons doen of hoe ons werk, God het vir ons hierdie geskenk gegee om vir ons families te kan voorsien, asook om 'n verskil in die wêreld te maak. 

Alhoewel ons werk 'n geskenk van God is, kan ons soms 'n ongesonde verhouding daarmee ontwikkel (net soos met geld). Sommige mense oorwerk hulself byvoorbeeld tot op die punt waar hulle uitbrand, en dit kan ernstige gesondheidsprobleme veroorsaak. Ander kere sukkel ons weer met te min werk weens ons eie keuses of omstandighede buite ons beheer. Om hard te werk, en om te rus, is albei ongelooflik waardevol, maar ons moet uiteindelik 'n standpunt en werksetiek vind wat beter as normaal is vir die hoeveelheid wat ons produseer. 

Kom ons kyk na die verskil tussen normaal en beter as normaal in ons werkslewe:

Normaal vind sy identiteit in 'n werk, terwyl beter as normaal weet wie ons in Christus is.
Normaal kies werkverslawing, terwyl beter as normaal weet wanneer om "nee" te sê. 
Normaal aanvaar uitputting, terwyl beter as normaal waarde heg aan rus.
Normaal soek maniere om moeilike werk te vermy, terwyl beter as normaal deurdruk.
Normaal sien wát ons doen, terwyl beter as normaal eerder doelwitte in ons werkwyse sien.
Normaal doen skaars die minimum, terwyl beter as normaal met integriteit werk.

Die mense wat op hierdie planeet woon, is uniek en uiteenlopend. Ongeag van hoe ons werk, die punt is dat ons kies om hard te werk aan alles wat ons doen. Die beste manier om dit te doen, is om in te sien dat ons vir God werk. 

"Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie." (Kolossense 3:23)

Ongeag van hoe ons skedules en take lyk, kom ons oorweeg Jesus as ons werkgewer. Ja, ons moet hard werk en ons aardse werkgewers eerbiedig. Maar om Jesus op die voorgrond van ons denke te plaas is nog beter, want dan kan ons Hom eer deur hard te werk en voldoende te rus. 

Op watter maniere voel jy gesond, en waar in jou lewe moet jy veranderinge aanbring? Bestee tyd om jou werklewe te oordink. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Better Than Normal

Normaal beteken dat ons aan 'n gewilde standaard voldoen, maar tog is daar miljarde mense op die aarde, elkeen uniek en uiteenlopend. Normaal is dikwels die plek van voorkeur om in te "leef", maar dit is waarlik nie altyd gesond nie. In hierdie leesplan gaan ons God se Woord bestudeer oor hoe om verby 'n normale leefwyse te beweeg en veranderinge aan te bring, sodat ons beter as normaal kan leef.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion