Liefde Vertraag GejaagdheidVoorbeeld
Volmaakte Liefde Verdryf Vrees
Ons is gemaak vir die veiligheid, verbintenis en beheer/bemagtiging wat in God se liefde gevind word. Toe sonde Adam en Eva van daardie liefde skei, het hulle onmiddellik vrees ondervind. En sedertdien ondervind ons almal vrees. Vrees het baie gesigte. Dit kom voor as angs, senuweeagtigheid of bekommernis. Soms is dit meer subtiel, en kom voor as besluiteloosheid of die wil om boedel oor te gee of om gevoelloos te wees. Alle vrees is verbind aan 'n diep gevoel van besorgdheid dat ons nie die nodige veiligheid, verbintenis of beheer sal kry nie.
Jesus het ons direkte verbintenis met God se liefde herstel, sodat ons nie meer bang hoef te wees nie. Ons moet net na Hom en sy liefde soek. Ons huweliksmaat, kinders, werk, huis, wie ons ken, en wat ons het, sal nooit die volmaakte veiligheid, verbintenis en beheer bied wat ons wil hê nie. Net God kan dit doen. As ons probeer om in daardie behoeftes te voorsien, op enige ander manier as deur Hom, sal dit altyd tot angs en bekommernis lei.
Vrees is 'n sterk en kragtige emosie. Dit kan verskeie reaksies in ons gedagtes en liggame skep. Soms weet ons dat ons vrees irrasioneel is, maar omdat dit 'n sterk emosie is, kan ons dit nie net met feite of logika verdryf nie. Ons moet dit met iets sterker verdryf. God se liefde is sterker as enige vrees wat ons ooit sal ervaar. God se volmaakte liefde verdryf vrees.
Een van die wonderlike dinge van God se liefde is, om God se liefde te ervaar, dikwels behels dit om uit te gaan en ander lief te hê — te midde van jou vrees. Deur liefde te betoon, verwyder jy jouself en ander van vrees! Gaan dien iemand wat in nood is, al is jy bang. Wanneer jy God se liefde in aksie begin ervaar en deur jou laat vloei, sal dit die vrees verdryf.
Vrees verdwyn nie net vanself nie. Vrees groei in die donker. Dit verklein ons wêreld. Die enigste manier om vrees te oorkom, is om jouself vrywillig in klein dosisse bloot te stel aan die ding wat jy vrees. Neem klein treetjies in geloof (met wysheid) na die ding wat jy vrees. Wanneer God jou in elke tree steun, sal dit meer geloof opbou om vooruit te gaan. Maar jy moet met moed aanhou beweeg. Doen dit met vrees, wetende dat niks jou van die liefde van God kan skei nie (Romeine 8: 38-39).
Wees vandag moedig. God se liefde is die bron van die veiligheid, verbintenis en beheer wat jy soek. Bewys daardie liefde aan ander. Leef in daardie liefde.
Aangaande hierdie leesplan
Ons is uit liefde geskape, vir liefde geskape en is geroepe om in God se liefde te leef. Hierdie leesplan, gebaseer op die boek "Love Slows Down," sal jou help om woede en angs te verruil en jou te haas na die lewe in God se liefde.
More