Ervaar God se almag en teenwoordigheidVoorbeeld

Ervaar God se almag en teenwoordigheid

DAG 6 VAN 10

Wanneer jy ’n Beskermer nodig het

Martin Luther, die groot Duitse Bybelkenner en hervormer, het dit gewaag om die korrupte godsdienstige- en politieke stelsels van sy era uit te daag. Ondanks die risiko om as ketter verbrand te word, het Luther moedig die Woord bestudeer en ander geleer. Sy skryfwerk was ongelooflik invloedryk, selfs opruiend. Deur die korrupte gebruike van die godsdienstige bestel in die openbaar uit te daag, het hy homself aan ondersoek blootgestel, wat tot sy teregstelling kon lei. 

Tog, toe hy in 1521 voor keiser Karel V geroep is, by die Ryksdag van Worms, het Luther sterk gestaan en geweier om sy geloof te versaak. Terwyl hy deur die geregsdienaars weggelei is, het ’n groep van sy volgelinge, vermom as aanvallers, te perd aangery gekom en hom na ’n Duitse kasteel geneem. Hulle het hom twee jaar lank weggesteek en in alles voorsien wat hy nodig gehad het. Gedurende een van die donkerste tye in Luther se lewe het God letterlik ’n magtige fort, kos, vreugde te midde van teenstand en kalmte te midde van die storm, voorsien. 

God voorsien nie altyd ’n letterlike redding nie. Hy was by ons toe my ma in die hospitaal was, maar sy het steeds gesterf. Soms gee God vir mense sy vreesloosheid in die aangesig van gevaar, maar Hy verlos ons nie daarvan nie. Dit was die geval met Stefanus in die boek Handelinge. Hy het die godsdienstige leiers dapper uitgedaag, wat hom vals van Godslastering beskuldig het. Maar ten spyte van sy kragtige getuienis, het God toegelaat dat die bose mans se planne uitgevoer word (Handelinge 7:59-60). Tog was Hy steeds daar om sy dienaar van krag te voorsien en sy ewigheidsdoelwitte te laat behaal. 

God se beskerming is nie net vir die geestelike “superhelde” van wie ons in die Bybel en die geskiedenisboeke lees nie. Hulle was gewone mense wat geleer het om God te vertrou en Hom op sy Woord te neem. Trouens, die meeste van ons leer om te vertrou, nie omdat ons soseer eerbaar, dapper en goddelik is en alles mooi agtermekaar het nie, maar omdat ons nie ’n ander keuse het nie. Dit is waarskynliker dat jy God sal ervaar wanneer jy Hom die nodigste het. In jou donkerste oomblikke sal Hy jou vesting en jou grootste krag wees.  

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Ervaar God se almag en teenwoordigheid

Waar is God wanneer jy seerkry? Hoe kan jy Hom ervaar wanneer jy in die moeilikheid is? Hoe verander Hy verwarring of vrees in helderheid en vrede? Baie van die psalms begin met 'n krisis en eindig met ’n getuienis van God se teenwoordigheid, almag en voorsiening. Deur dié psalms se voorbeeld te volg, kan ons dieselfde getuienis gee. Ons kan God vind wanneer ons Hom die nodigste het.

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://livingontheedge.org/