Om 'n Gesonde Kerk Te PlantVoorbeeld

Planting a Healthy Church

DAG 5 VAN 7

Bemagtig Ander

Een ding wat regtig die bediening van Jesus onderskei het van alle ander bestaande godsdienstige instellings, was toe Jesus 'n groep gewone manne gekies het en hulle onmiddellik begin bemagtig het om die bediening hul eie te maak. Dink daaroor na.

Jesus het passievolle volgelinge gekies, nie volmaakte mense nie. Hy het alledaagse mense gekies, nie godsdienstige leiers nie. Hy het diegene gekies wat ontvanklik en honger was, nie geleerdes en deskundiges nie. Hy het mense gekies wat gereed was om te dien, nie bewese leiers nie. Hy het dissipels gaan soek waar niemand anders dit eens oorweeg het nie. Hy het dinge in mense gesien wat niemand anders gesien het nie, en Hy het hulle bemagtig vir die bediening.

'n Duidelik visie wat groter as hulleself was, is vir hierdie leiers gegee. Hulle is geroep om op te offer wat hulle liefgehad het, in ruil vir iets wat hulle nog liewer gehad het. Hulle is vroeg reeds bemagtig. Hulle is in die hitte van die stryd onderrig — hulle het nie op die kantlyn gesit en toekyk nie. Daar is van hulle verwag om terselfdertyd ander te bemagtig.

Dit kan jou belangrikste taak as kerkstigter wees: om ander vanaf die staanspoor en regdeur die lewe van jou kerk te bemagtig. Ons voel dikwels dat ons in beheer moet wees, maar deur ander toe te laat om te lei, skep jy mense wat tot die kerk kan bydra, nie om bloot verbruikers te wees nie. Dit verander alles, en bou werklik die kerk soos dit veronderstel was om te funksioneer!

Terwyl jy lees hoe Jesus mense gekies het, interaksie gehad het en sy dissipels bemagtig het, skep dan moed en doen dieselfde.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Planting a Healthy Church

Wanneer God jou tot die bediening roep, kan dit oorweldigend wees, maar dit kan ook die beste ding wees wat ooit met jou kan gebeur. Begin hier in die Woord van God as jou hart geroer is om 'n kerk te stig. Verdiep jou in hierdie 7-dag leesplan, en vind die bemoediging wat jy nodig het om met God se roeping te begin.

More

Baie dankie aan Life.Church Open Network wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://open.life.church/