Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 JohannesVoorbeeld

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

DAG 12 VAN 29

Lees: 1 Johannes 3:18-24  

SOAP - 1 Johannes 3:19–20

Hierdeur kan ons te wete kom dat ons aan die ware God behoort en kan ons ons gewete voor Hom tot rus bring. As ons gewete ons veroordeel – God is groter as ons gewete, en Hy weet alles.

Oordenking

Twyfel jy ooit oor jou geloof as jy na jou gedagtes, begeertes en optrede kyk? (Moenie bekommerd wees nie, dis normaal). Ons is sondaars wat volgens God se hoë standaard probeer leef, en ons misluk. Johannes spreek hier ons twyfel aan. Ons sien maar alte maklik hoe ons faal in ons verhoudings of in ons wandel met God en voel oorweldig deur skuldgevoelens uit ons eie harte. 

1 Johannes bemoedig ons deur ons te herinner dat God ons harte beter as ons ken. Hy ken die waarheid, Hy sien hoe ons probeer, en Hy kan die begeertes van ons harte lees. Hy weet dat ons begeer om die regte ding te doen, selfs al faal ons. 

Wanneer ons twyfel, moet ons onsself afvra, Glo ek dit? Bly ek in Jesus? Begeer ek om ander lief te hê en my liefde deur dade te wys en nie net woorde nie?

Gebed

Here, dis maklik om my sondigheid en tekortkomings raak te sien en aan die egtheid van my geloof te twyfel. Stuur asseblief vir my die nodige aanmoediging om daardie twyfel tot rus te bring en om voort te gaan om die goeie stryd van die geloof te stry. Amen 

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. Hierdie studie ondersoek hoe die liefde van Christus ons nie net verander nie, maar ook die wêreld verander deur ons gehoorsaamheid aan sy opdragte.

More

Ons bedank Love God Greatly Afrikaans vir die verskaffing van hierdie plan: http://lovegodgreatly.com/