Die Selfversekerde Vrou OordenkingVoorbeeld

The Confident Woman Devotional

DAG 6 VAN 14

Dwaal van die Pad Af

As ons in ons eie individualiteit en onafhanklikheid aangemoedig wil word, moet ons dieselfde soort vryheid en respek in ander mense se lewens saai. "Leef en laat leef" moet ons leuse wees. Daar was 'n tyd in my lewe toe ek taamlik bekrompe was, en ek onthou goed hoe ek veral een vrou wat 'n taamlik unieke andersdenkende was, veroordeel en verwerp het. Sy het eklekties aangetrek lank voor dit stylvol geword het. Sy was nie opstandig teen gesag nie, maar sy was onvoorspelbaar en vasbeslote om haar eie lewe te lei. Sy was amper soos die wind — jy het nooit geweet presies wat om van haar te verwag nie. Dit het my gepla, want in daardie dae was ek baie wetties. Alles moes op 'n sekere manier wees — gewoonlik my manier.

Ek kyk nou terug en dink ek het waarskynlik 'n goeie verhouding misgeloop met iemand wat vryheid in my kon koester. Maar, soos baie mense, was ek bang om buite die norm te lewe.

As jy moeg is om op die ou paaie te leef wat almal loop, waag dit deur die bos. Sommige mense sal bang wees dat hulle kan verdwaal, maar 'n selfversekerde vrou verwag om 'n nuwe ervaring te hê wat uitermatig wonderlik kan wees.

Bid: Here, help my om verby my bekrompenheid te sien. Ek wil sien wat U in ander sien, maar ek sal dit nooit sonder u aanraking kan doen nie. Amen.

Uit die boek "The Confident Woman Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2011 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Confident Woman Devotional

Vroue is 'n kosbare geskenk van God aan die wêreld. Jy is kreatief, deernisvol, intelligent en, volgens die Bybel, gelyk aan mans. Jare se misbruik en verkeerde sienings van vroue het egter veroorsaak dat baie van julle die selfvertroue verloor het wat God wil hê jy moet geniet. Jy voel dalk dat jy op een of ander manier "minder" as mans is. Minder waardevol. Minderwaardig. Die waarheid is, jy is baie waardevol vir die samelewing, maar nog belangriker — vir God. God wil hê dat jy moedig, gerespekteer, bewonder, bevorder, gesog en bowenal, geliefd moet wees. En jy kan! Hierdie daaglikse oordenkings sal jou lei na 'n selfversekerde lewe gevul met liefde, lag en sy aanvaarding. Skryf daarop in. Kleurmerk dit. Maak die reis jou eie.

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org