Begin WeerVoorbeeld

Begin Again

DAG 2 VAN 7

Die God van 'n Nuwe Begin

Sy het geen idee gehad wie sy daardie dag sou ontmoet nie, en hoe Hy haar lewe sou verander nie. Sy was vyf keer getroud en het nou saam met iemand gewoon wat nie haar man was nie. Dalk (soos sommige skrifgeleerdes vermoed het) het sy teen die middag water geskep omdat niemand anders in hierdie tyd water geskep het nie. Dalk was sy nie 'n aanvaarbare lid van die gemeenskap nie. Moontlik as gevolg van haar morele keuses, was sy 'n uitgeworpene. As 'n Samaritaanse vrou het sy beslis nie verwag dat Jesus daardie dag met haar sou praat nie — en ook nie om haar selfs vir ‘n bietjie water te vra om te drink nie. Sy het dit selfs uitgewys: “Hoe vra jy wat 'n Jood is, vir my, 'n Samaritaanse vrou, water om te drink?” Sy het haar "plek" geken. Jesus het egter geweet wat Hy doen; dit was sy grootste vreugde — soos kos vir 'n leë maag. Hy het geweet wie sy was, en Hy het geweet wat en Wie sy nodig gehad het. Ja, menslik en moeg soos Hy was na sy stap in die versengende hitte, het Hy haar gevra vir water. Toe bied Hy haar egter lewende water aan, sodat sy nooit weer dors hoef te kry nie. Haar lewe het getoon hoeveel sy nodig gehad het vir haar verlange om vervul te word, vir haar hart om sy huis te vind. Hier was Hy — haar Messias, haar huis.

Sy het haar waterkruik net daar langs die put laat staan, die waterkruik wat sy gewoonlik gevul het om haar dors te les, en na die dorp teruggehardloop om die dorpenaars te vertel van die man wat haar alles vertel het wat sy ooit gedoen het, en die vraag gevra het wat almal vir hulself sou vra: “Is Hy nie miskien die Messias nie?” (v. 29) Baie van die Samaritane in daardie dorp het tot geloof in Jesus gekom op grond van woorde wat die vrou getuig het (vv. 39-42).

Toe Jesus haar gewys het wat sy gedoen het en haar 'n lewe aangebied het waarin sy nie weer dors sou kry nie, het Hy haar lewe omvergewerp. Sy was vergewe, het begenadig gevoel en 'n nuwe lewe ontvang. Sy het die Goeie Nuus van genade gekoester en na almal gehardloop wat sy geken het as gevolg van die nuwe lewe wat sy ontvang het, en baie het die lewe self gevind. Haar nuwe begin het ander hul nuwe begin gegee. Dit was Christus se vreugde.

Vrae om te oordink: 1. Mens kan sê dat die vrou se waterkruik haar pogings verteenwoordig het om haar hart met die liefde van mans te vul. Dit het egter nooit werklik die diep verlange van haar hart bevredig nie. Wat van jou? Waarmee vul jy jou waterkruik? Hoe goed bevredig dit jou hart? 2. Jesus het die Samaritaanse vrou dit aangebied wat haar hart werklik sou bevredig: Homself. Hy het haar sondes geken en haar aangebied wat vir haar werklik lewe sou gee. Jesus bied dieselfde vir jou aan. Hy ken jou en die lewe wat nie werklik bevredig nie, en bied Homself aan vir jou — die lewende water. Wil jy graag hierdie gawe van lewende water ontvang en ‘n nuwe begin in jou lewe ervaar?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Begin Again

Nuwejaar. 'n Nuwe Dag. God het hierdie oorgange geskep om ons daaraan te herinner dat Hy die God van nuwe begin is. As God die wêreld kon skep deur slegs te praat, kan Hy beslis in die duisternis van jou lewe praat en vir jou 'n nuwe begin skep. Hou jy nie net daarvan om nuut te begin nie! Net soos hierdie leesplan. Geniet dit!

More

Baie dankie aan Mnr. Boris Joaquin, President en Hoof Vaardigheid Beampte van Breakthrough Leadership Management Consultancy. Hy is 'n meester afrigter en hooggeplaaste spreker vir leierskap programme en ander sagte vaardighede in die Filippyne. Tesame met sy vrou, Michelle Joaquin, het hy hierdie leesplan voorsien. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.theprojectpurpose.com/