Kan Ek Werklik Sonde En Versoeking Oorwin?Voorbeeld
Wat As Ek Reeds Aan Versoeking Toegegee Het?
Wat as dit te laat is?
Jy het probeer om die versoeking in jou eie krag te oorwin — en jy het misluk.
Nou staan jy skuldig voor die Heilige God van die heelal.
Ons almal was al in daardie situasie: “As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie” (1 Johannes 1:8).
Dis wat ons doen: “Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid” (v. 9).
Vat jou sondes na ons Vader toe — nou.
Erken jy is verkeerd, bely jou mislukking en vra vir sy vergifnis.
Aanvaar sy belofte om jou sondes te vergewe en vergeet, en jou blaadjie skoon te vee.
Beteken God se vergifnis dat ons eenvoudig net kan sondig en bely, en net weer sondig en weer bely?
Nie sonder nagevolge nie.
Ek kan 'n spyker in die hout slaan en jy kan die spyker uittrek — maar daar bly 'n gat in die hout. Gehoorsaamheid wat geweier word kan nooit weer herwin word nie. Die beloning vir getrouheid is vir ewig verlore.
God vergewe, maar die pyn van ons sonde maak nog steeds — onsself en ander seer.
Ons kan nog steeds vergewe word deur die Een wie se Seun aan die kruis gesterf het om ons skuld te betaal: “Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was” (Romeine 5:8).
Skuld kom nie van God af nie.
Ons Vader het elke lid van sy familie lief. Ons is steeds sy kinders, al tree ons nie so op nie.
Genade is om te kry wat ons nie verdien nie, genade is ook om nie te kry wat ons wel verdien nie.
Ons Vader in die hemel gee genade.
Het jy God se geskenk van vergifnis vandag nodig?
Indien wel, moenie wag nie. Praat met jou Vader in die hemel. Hy kan nie wag om van jou, sy geliefde kind, te hoor nie.
---
Om meer te lees oor hoe om sonde en versoeking te oorwin, laai die eerste hoofstuk van Dr. Denison se boek, 7 Deadly Sins, gratis af.
Aangaande hierdie leesplan
Het jy jouself al af gevra: "Hoekom worstel ek nog steeds met daardie sonde?" Paulus het self so gevra in Romeine 7:15: “Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek.” Hoe kan ek verhoed dat sonde my geestelike groei belemmer? Is dit moontlik? Kom ons bespreek sonde, versoeking, die Satan, en, dankie tog daarvoor, God se liefde.
More