Oorwin met Letitia WrightVoorbeeld

Welkom by die eerste dag van die leesplan wat ek noem: Om te Oorwin.
In 2015 was ek op 'n baie donker plek — ek het deur 'n baie moeilike fase van depressie gegaan. Ek het nie geweet hoe dinge gaan verloop nie. My vriend het vir my die volgende Skrifgedeelte gegee:
"Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg" (Matteus 6:33 NLV).
Ek het toe nie geweet wat dit beteken nie, want ek was nog nie ’n Christen nie. Toe ek egter 'n Christen word, het ek letterlik aan hierdie Skrifgedeelte vasgeklou. Dit het my denke vrygemaak. Dit het my gehelp om te sien dat as ek op God fokus — as ek na sy koninkryk kyk, nie bekommerd was nie en nie toegelaat het dat die angs in die lewenssorge my oorweldig nie — kon ek my oë op Hom gerig hou.
Toe ek dit begin doen, het alles vir my op 'n vreemde manier in plek geval — my loopbaan in toneelspel het gou opgang gemaak en alles het verander. Ek wou dit op die eerste dag van hierdie Bybelstudie met jou deel, en ek bid dat dit 'n groot effek op jou sal hê en vir jou nuttig sal wees.
Ek hoop dit is 'n seën vir jou denke en jou siel terwyl jy deur jou dag gaan!
Aangaande hierdie leesplan

Sluit by aktrise, Letitia Wright, se nuwe 3-dag video-leesplan, Oorwinning, aan sodat sy jou kan bemoedig met dieselfde Skrifgedeeltes wat haar gehelp het om oorwinning en vertroue in haar identiteit in Christus te ontdek.
More