Hardloop die Wedloop: Vyf Dae van Bemoediging vir 'n Aktiewe LewenswyseVoorbeeld

Running the Race: 5-Days of Encouragements for an Active Lifestyle

DAG 3 VAN 5

Ons Kan Nie Sonder God Hardloop Nie

Dit kan maklik wees om die verstommende krag te vergeet van die God wat ons dien. Ons steun eerder op onsself. Op ons eie liggame, ons eie wysheid, en ons plaas die grootsheid van God êrens in 'n donker hoekie van ons denke.  

Haal dit vandag uit daardie donker hoekie, want ons kan dit nie op ons eie doen nie. Bring dit na vore en ondersoek dit.  

Jeremia 31:35 sê: "So sê die Here, Hy wat die son bedags laat skyn, die maan en sterre beveel om snags te skitter, Hy wat die see onstuimig laat word, wat sy golwe laat druis." Dan sê Psalm 89: "U heers oor die onstuimige see: as sy golwe opstaan, laat U hulle bedaar."

Ons lees in Matteus Jesus raak aan die slaap in die vissersboot by sy dissipels. 'n Storm bars los, en die dissipels word bang en maak Jesus wakker om hulle te red. 

Matteus 8:26 sê: "Hy sê vir hulle: 'Waarom is julle bang, kleingelowiges?' Daarna het Hy opgestaan en die wind en die see hard aangespreek, en dit het doodstil geword."

In Lukas 19 begin Jesus se volgelinge Hom prys: “Loof die Koning, Hy wat in die Naam van die Here kom!”

'n Paar Fariseërs uit die skare sê toe verbaas: “Meneer, maak u volgelinge stil!”

Jesus sê egter: “Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep.”

God is so waardig om geprys te word dat die skepping dit vereis. Ons is dikwels daaraan skuldig om God se grootsheid net te onthou wanneer ons sy hulp desperaat nodig het, net soos die dissipels in die boot. Ons probeer dit eers self doen. Die waarheid is: ons is nie gemaak om dit self te doen nie.

Hoe sou dit wees as ons na God uitroep selfs wanneer die golwe en die wind stil is? Wat as ons elke dag die grootsheid van God in ons denke na vore bring en onsself voor Hom verneder?

VRAAG VAN DIE DAG

Watter drie dinge kan jy vandag na God toe bring?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Running the Race: 5-Days of Encouragements for an Active Lifestyle

In hierdie vyf-dag leesplan gaan jy bemoedig word met verhale van oorwinning, verkryging van nederigheid, en om die lewenswedloop te hardloop. Met 'n aktiewe lewenswyse in gedagte, wil hierdie kort oordenkings jou aanspoor om na te dink oor jou eie wedloop en om dinge vanuit in 'n nuwe perspektief te begin sien.

More

Baie dankie aan Lifewater International wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.lifewater.org