Wanneer Teleurstelling ToeslaanVoorbeeld
Verwerk Jou Teleurstelling
Om iets te verwerk beteken ons moet dit ontleed. Deur jou teleurstellings te ontleed, lei nie slegs tot genesing nie, maar kan toekomstige teleurstellings beperk. As ons dit nie verwerk nie, sal ons aanhou om teleurgesteld te raak. Vra daarom vir God om jou te help om jou teleurstellings te verwerk deur na te dink oor 'n paar dinge.
Onrealistiese Verwagtinge
Verwag ons dat ons altyd alles sal kry wat ons wil hê? Dink ons dat elke liewe plan wat ons voorstel sal gebeur? Het ons drome wat meer na fantasie as werklikheid voel? Deur ja te antwoord op enige van hierdie vrae beteken dat ons onrealistiese verwagtinge koester. Ons verwagtinge moet realisties wees vir ons om ons teleurstelling te beperk. Om realistiese verwagtinge van ander te hê, moet ons gewillig wees om dit met hulle te bespreek. Ons kan nie verwag dat iemand net moet "weet" wat ons wil hê nie.
Oordrewe Reaksies
Dalk was jou verwagtinge nie onrealisties nie, maar miskien net jou reaksie. Kry ons 'n woedebui omdat iets ons planne gekanselleer het? Bars ons in trane uit en kruip vir dae lank in die bed wanneer ons nie iewers heen kon gaan nie? Kry ons stilstuipe en laat ons ander op eiers loop net omdat hulle nie met ons saamgestem het nie? Ongeag hoe groot of klein hulle verwagtinge was, was ons reaksie dalk in die omstandighede oordrewe? Ons moet gewillig wees om na binne te kyk om vas te stel hoe realisties ons reaksie was.
Verstandelike Uithouvermoë
Teleurstelling veroorsaak gewoonlik emosionele spanning in ons lewens. Hier is die goeie nuus: Teleurstelling ontwikkel verstandelike uithouvermoë wat nie moontlik sou gewees het as ons alles gekry het wat ons wou gehad het nie. Daarom, in plaas daarvan om altyd teleurstelling as 'n struikelblok in jou pad te sien, kom ons kyk daarna as iets om te oorkom. Elke keer wanneer ons iets moet oorkom, verg dit inspanning en maak dit ons verstandelik sterker.
Laastens, is daar iets wat baie mense vra wat aanhoudende teleurstelling ervaar: Wanneer moet ons ophou om _____________________ na te streef en daarvandaan weg te stap? Jy het aansoek gedoen by die mediese fakulteit, 'n spesifieke werk gesoek, probeer om 'n vriendskap te red, 'n nuwe vaardigheid probeer aanleer — meer as eenkeer — en jy is net nie seker of jy dit weer sal kan doen nie. Voordat jy moed verloor, kyk eers weer of jou verwagtinge nie dalk onrealisties was, jou reaksie dalk oordrewe was, of jou verstandelike vermoëns dalk verdere ontwikkeling nodig het nie. Dalk moet jy net eers 'n aanpassing maak.
Waar sien jy God se vrede hierin as jy verby hierdie praktiese stappe kyk? Voel jy of Hy jou lei om vas te byt? Soms word ons vergesogte, bomenslike drome tog waar. Daar kan ook 'n tyd wees om dit prys te gee en deur dit te doen kan 'n splinternuwe droom wat God vir ons het aan ons geopenbaar word.
Bring tyd saam met God deur, lees sy Woord, aanbid Hom, pleit by Hom in gebed en soek na wyse leiding by godvrugtige en betroubare mense in jou lewe. Teleurstellings sal kom en gaan, maar ons hoop en vreugde kan blywend wees.
Aangaande hierdie leesplan
Moes jy onlangs teleurstelling hanteer het? Niemand is daarvan kwytgeskeld om dit te ervaar nie. Ongeag wie ons is, ons sal almal tye beleef wanneer ons nie gekry het wat ons wou gehad het nie. Wat moet ons dan met ons teleurstellings doen? Is dit verkeerd van ons om so te voel? In hierdie vierdagleesplan sal ons kyk hoe ons teleurstellings omskryf, aanvaar, verwerk en ten goede aanwend.
More