7 Dae van DeurbraakVoorbeeld

7 Dae van Deurbraak

DAG 4 VAN 7

DAG 4:

Gen 1:14-19  

In hierdie gedeelte van Genesis leer ons twee dinge wat ons kan gebruik om ons deurbrake te ervaar. 

1. Tyd, Dae, Jare en Seisoene

Wanneer ons beplan en saamwerk as ‘n span en dit gebruik wat God in ons geplaas het, kan ons deurbrake ervaar en sien hoe God dinge verander. Tyd speel 'n groot rol in ons lewe.

2. Maar die een waarop ek so bietjie langer wil stilstaan, is die SON en die MAAN

Dit is vir my interessant dat die skrywer van Genesis die vers so skryf dat hy sê dat God die groter lig en die kleiner lig gemaak het. 

Toe ek so bietjie daaroor lees, ontdek ek dat die Jode versigtig was om nie eens die son en maan op hulle name te noem nie, want baie van die ander nasies het die son en die maan aanbid. Deur só daarna te verwys sê die skrywer: ONS GOD het julle gode gemaak. Daar is nie ‘n ander God behalwe ons God nie. 

Hoe gaan ek dus 'n deurbraak ervaar in my lewe volgens dag vier? 

Deur alle ander afgode in jou lewe tot niet te maak en te bely dat God die enigste God is. Maak Hom Koning in jou lewe! As jy nog nie jou lewe met die Here reggemaak het nie, wil ons vir jou na afloop van hierdie boodskap daardie geleentheid gee. 

Daar is so baie ander afgode in ons lewe. Enigiets wat God se plek inneem, is 'n afgod. Die Bybel sê dat ons 'n jaloerse God dien. God wil ons vir Homself hê. Hy wil ons nie deel met ander dinge nie. Hy het ons gemaak, gered en verlos. Ons behoort aan Hom. 

DAG 4 = GOD IS DIE ENIGSTE GOD IN JOU LEWE


As jy jou lewe vandag vir die Here wil gee, besoek gerus ons webtuiste vir meer inligting:  www.ligenlewe.com/salvation 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

7 Dae van Deurbraak

Ons almal wil deurbraak ervaar in ons lewe, maar wat kan ek doen om dit te beleef?

More

Ons wil graag Lig & Lewe Sentrum bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.ligenlewe.com