Eerder Geloof as VreesVoorbeeld

Faith Over Fear

DAG 4 VAN 5

Dag 4

As ons 'n vaste geloof wil hê, sal ons moet leer om twyfel hok te slaan. Ons kan enigiets vir God vra, maar om dit van Hom te kry, moet ons twyfel uit ons harte verwyder. Jakobus 1:6 verklaar: "Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word." Daardie woord twyfel beteken eenvoudig net om te verskil. 

Om twyfel te oorkom, moet ons kies om saam te stem met die Woord van God, selfs wanneer die sigbare dinge om ons ons wil laat verskil.

Wanneer ons chaos oral om ons sien, moet ons nie kies om verward te wees nie, maar saamstem met Markus 4:39 en sê: "Hou op! Bedaar!", en dan kalmte verwag. Wanneer ons angstig voel oor wat in die wêreld aangaan, kan ons eerder saamstem met 1 Petrus 5:7 en al ons bekommernisse op Hom werp, want Hy sorg vir ons. Wanneer ons vrees of tekort in die gesig staar, kan ons Filippense 4:19 onthou waar dit geskryf staan dat God in AL ons behoeftes sal voorsien. 

Markus 9 vertel die verhaal van 'n desperate man wat sy seun na Jesus toe gebring het. Die seuntjie moes van geeste bevry word. Die vader het gesê: "As U tog miskien iets daaraan kan doen, kry ons jammer en help ons." "‘As U iets kan doen,’ sê jy,” antwoord Jesus. “Vir die een wat glo, kan alles." “Ek glo,” roep die seun se pa dadelik uit. “Help my in my ongeloof.” 

Natuurlik het die man geweet wie Jesus was. Hy het geweet dat dit vir Jesus moontlik was om hulle te help, andersins sou hy nooit sy seun na Hom toe gebring het nie. Op daardie oomblik het die grootte van sy nood sy geloof in Jesus oorweldig. Toe hy besef dat twyfel ingesluip het, het hy die slimste ding moontlik gedoen. Hy het vir Jesus gevra om hom in sy ongeloof te help.

Ons kan waarskynlik met hierdie vader identifiseer. Ons glo dat Jesus enigiets kan doen, maar in 'n oomblik van swakheid, kan die omvang van die dinge wat ons in die gesig staar, ons laat twyfel in sy vermoë in ons lewens. Die goeie nuus is dat ons na Jesus kan uitroep: "Help my in my ongeloof!" Hy sal ons help in ons tye van nood.

Ons kan glo dat God ons hierdeur sal dra, sonder om te verstaan hoé Hy dit gaan doen. Sodra ons twyfel uit die weg ruim, skuif ons geloof na 'n nuwe, hoër vlak.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Faith Over Fear

In tye van onsekerheid, kan dit maklik wees om oorweldig te voel. Die nuus, sosiale media en die mense om ons, kan ons angstig of bekommerd laat voel tydens gebeurtenisse wat 'n groot impak op ons maak. In sulke tye wanneer dit voorkom asof ons geen beheer oor gebeure het nie, kan ons vertroosting en vrede in die Woord van God vind.

More

Ons bedank graag vir Leading And Loving It, wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.leadingandlovingit.com