Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in KrisisVoorbeeld

Good News: Encouragement for a World in Crisis

DAG 3 VAN 7

God Versterk Ons

Die krag wat ons as mense besit, is beperk. Dit maak nie saak hoeveel self-help idees ons toepas of hoeveel positiewe stellings ons verkondig nie, ons krag kan ons net só ver vat. Dit mag sommige mense ontmoedig, maar hopelik sal die waarheid, wat ons in die Woord van God lees, ons eerder met hoop vul.

In 2 Korintiërs 12, praat die apostel Paulus oor 'n "doring in sy vlees" wat aangehou het om hom te "treiter." Hy het God gesmeek en gepleit om dit te verwyder. Elke keer het God vir Hom gesê: "My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is" (2 Korintiërs 12:9). 

Dink vir 'n oomblik daaroor. God het hierdie man gebruik om die vroeë kerk te beïnvloed en die evangelie na talle lande te neem. In sy oomblik van swakheid, smeek hy God om hom te help en eintlik antwoord God net "nee." Tog hou God nie daar op nie. God vertel vir Paulus wanneer hy op sy swakste is, is dit juis wanneer die volmaakte krag van God die beste werk. Stel jouself voor! Ons moet swak wees om te sien hoe God se krag die beste werk. Terwyl ons swakheid as 'n versperring sien, gebruik God dit om ons aan te moedig. Ons krag as mense gaan tot by 'n sekere vlak, maar met God se krag wat ons 'n hupstoot gee, is daar niks wat ons nie kan verduur nie!

Ons is almal óf in 'n uitdagende tydperk óf op pad na een. Die lewe bring dit óf in 'n ligte mate, óf dit tref ons soos 'n onverwagte tsunami. Ongeag hoe ons die moeilike tye binnegaan, sal ons moet leer hoe om daardeur te gaan. Ons moet staat maak op God se hulp, want op ons eie sal ons dit nie regkry nie. Ons het God se krag nodig.

Wanneer ons deur 'n beproewing gaan met ons eie "doring in die vlees" , kan ons krag kry deur te erken dat ons dit nie op ons eie kan doen nie en dan na God uitroep. Soos ons deur die vurige beproewinge in ons lewens beweeg, is dit 'n geleentheid vir ons geloof om as eg bewys te word. Dis 'n kans vir God se krag om ons sterk te maak sodat ons "niks sal kortkom nie" (Jakobus 1:4). 

Wil jy vandag se beeld deel? Druk hier om dit af te laai.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Good News: Encouragement for a World in Crisis

Ons lewe in 'n ongekende tyd in die huidige COVID-19 pandemie. Waar kry ons hoop en goeie nuus te midde van die voortdurende stroom van slegte nuus? Vir volgelinge van Jesus is daar altyd goeie nuus. In hierdie 7-dag leesplan, gaan ons kyk na van die beloftes wat die Hemelse Vader vir ons gee en die geloof wat ons nodig het om op sy beloftes te staan.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.