Sekerheid In Onsekere TyeVoorbeeld

Certainty In Times Of Uncertainty

DAG 2 VAN 5

In die digitale era word inligting vinniger as ooit te vore aan ons beskikbaar gestel.

Jy kan op Google enigiets soek wat jy wil weet en dan vir weke lank daaroor lees. Jy kan alles leer wat jy nodig het om te weet van enigiets deur op 'n skakel te klik of met jou vinger daarop te druk. Alhoewel dit veronderstel is om 'n positiewe aspek van die huidige tye te wees, is dit nie altyd so nie. Met 'n oorvloed van inligting kom ook 'n oorvloed van foutiewe inligting. Sensasionele beriggewing maak dit moeilik om die waarheid te onderskei.

Die onderskeid tussen feit en mening, word vervaag deur joernaliste en nuusagentskappe wat nie soos ek en jy die waarheid najaag nie.

Hulle jaag na hoër graderings.

Mense wat vreesbevange is, skakel die televisie aan. Hulle wil gerusgestel of ingelig word oor die dinge waarvoor hulle bang is. Ons aanvaar egter menigmaal die woord van die mens as feite. Ons lees en luister en neem aan dat wat ons gehoor of gelees het, die waarheid is, sonder om te oorweeg dat hierdie bronne self foutief ingelig kan wees.

Die ENIGSTE waarheid wat ons met sekerheid kan weet, is dat Jesus Christus vir ons sondes gesterf het. Die enigste waarheid wat ons weet feitelik nagegaan, aangehaal, en verkry is, is dat God van die begin tot aan die einde daar is. Vir die aanvang en die sluiting. Hy is die outeur en redakteur en sy woord is finaal. Daar is niks om 'n sensasie oor te maak nie. Daar is nie 'n waarheid wat vir God onbekend is nie.

Ek sê nie jy moet ophou om die nuus te lees of die mense om jou te vertrou nie. Wat ek wel sê, is dat God alreeds weet, ongeag wat geskryf of gerapporteer word. God se planne vir jou verander nie as gevolg van die mens se dade nie. God se planne is standvastig en nie afhanklik van wat om ons gebeur nie.

In tye van onsekerheid, is God betroubaar. Al mag ons planne misluk en verander, die plan wat die Here vir jou lewe het, sal uitgevoer word.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Certainty In Times Of Uncertainty

Te die midde van onsekerheid is God sekerheid! Kom kyk verby onsekerheid en negatiwiteit saam met David Villa in sy jongste leesplan om iets groter te bereik.

More

Ons wil David Villa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://davidvilla.me