Christus U het vir almal gekomVoorbeeld

CHRIST CAME FOR ALL

DAG 3 VAN 4

Daar is oomblikke in die Skrif wanneer die lewens van mense verander is. Vir ons is dit maklik om onsself net as ver-af waarnemers van Jesus se geskiedenis te sien — dit is egter 'n verhaal waarvan ons almal deel is! Dit is nie net geskiedenis nie, dit is óns geskiedenis. Dit beteken ons lewens is vir altyd verander.

Dít is vandag vir ons die heerlikheid van Jesus se dood en opstanding. Daar is geen groter liefde as dié wat Jesus aan die kruis ten toon gestel het nie. Gebruik 'n oomblik sodat hierdie wonder by jou kan insink — Jesus het vir jou gesterf! Terwyl Jesus aan die kruis was, was ek en jy nie vir Hom 'n verafgeleë mens in die verre toekoms nie. Jy was die direkte rede vir sy offer. Wanneer laas het jy toegelaat dat die manier waarop jy lewe, daardeur beïnvloed word? 

Paulus skryf in 2 Korintiërs 5:14"Die liefde van Christus dring ons, ...” Wanneer ons toelaat dat die liefde van Christus ons werklik in verwondering laat, wil ons niks meer hê as om ons lewens te gee aan die Een wat ons genoeg liefgehad het om sy lewe as offer vir ons s'n af te lê nie.

Sal hierdie lied ons inspireer om na die kruis te kyk? Sal ons in verwondering en verstomming staan voor die ewige offer wat vir ons gebring is? Mag hierdie verwondering en ontsag ons as gelowiges dring om nog meer te doen om vir ons Koning te lewe!

Elke enkele druppel bloed 

Wat in die stof geval het

Is vir ons gegee

Gebed:

Dankie, Jesus, vir die kruis. Ek maak my hart oop en staan in verwondering oor wat U vir my gedoen het. Gee my 'n gevoel van verwondering en ontsag wat my sal dring om vandag naby aan U te wandel. Herinner my daaraan in die dae wanneer ek uit die oog verloor watter groot offer U vir my gebring het. Herinner my daaraan hoe u daad van onvoorwaardelike liefde my lewe vir altyd verander het. Amen.

Rosie Puelma, Saddleback Worship

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

CHRIST CAME FOR ALL

Ons het hierdie hulpmiddel vir jou geskep om nader aan God te groei rondom die oortuiging dat Christus vir almal gekom het, veral vir jou!

More

Ons wil graag Saddleback Worship bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.saddlebackworship.com/