Hoop Tydens 'n Wêreldwye Pandemie Voorbeeld

WAT IS GOD SE REAKSIE OP 'N GEBROKE WÊRELD?
Alhoewel hierdie wêreld 'n gebroke plek is en ons gebroke mense is, doen God wonderlike werk om verlossing, hoop en goeie nuus te bring vir almal wat wil luister en daarop reageer.
Die werklikheid van gebrokenheid en oordeel moet ons nie ontmoedig nie, maar eerder ons oë oopmaak. Eers wanneer ons hierdie probleem insien, kan ons die pragtige, glorieryke oplossing raaksien wat God ons gegee het!
Gebrokenheid het hierdie wêreld al sedert die val van Adam in Genesis 3 beheer, maar Jesus het daardie siklus verbreek en nou kan ons in Jesus wees as deel van 'n nuwe mensdom. God het die siklus verpletter en alles nuut gemaak!
Die verlossing wat God na hierdie wêreld gebring het, om vry van gebrokenheid en sonde te wees, het gekom toe Jesus Christus, die Seun van God, as ons plaasvervanger verbrysel is. Hierdie profesie waaroor honderde jare voor die geboorte van Jesus geskryf is, beeld Jesus se dood digterlik uit.
Selfs in ons eiesinnige gebrokenheid is God steeds genadig, barmhartig en vol deernis. Die wete dat ons gebroke is behoort ons nie in eie geringskattende afsondering vas te vang nie, maar eerder terug te dryf na die Vader toe. Hy wag vir ons met ope arms!
Die wêreld waarop ons almal hoop, is die nuwe hemel en die nuwe aarde wat op die horison is. God se reaksie op ons gebrokenheid is om alles nuut te maak. Hy doen 'n wonderlike werk en gaan dit voltooi!
Daaglikse Ontdekkingsvrae:
- Wat leer dit ons oor God?
- Wat leer dit ons oor onsself en ander mense?
- Hoe help dit my met 'n beter begrip hoe om op die Coronavirus te reageer?
- Hoe gaan jy vandag hierdie Skrifgedeelte persoonlik gehoorsaam?
- Met wie kan jy hierdie verse vandag deel?
Aangaande hierdie leesplan

Ons lewe tans in ongeëwenaarde tye op aarde. Geskiedkundig kon ons nog altyd hoop vind wanneer ons ons tot die Een wend wat alles gemaak het en wat Here van almal is. Wat sê die Bybel waarom hierdie dinge gebeur, wat is God se reaksie daarop, en wat is my hoop in lewe en dood?
More
Verwante Leesplanne

Voltydse Volharding

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Delf dieper deur Romeine

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Staan weer op
