Ek is BemoedigendVoorbeeld

I'm Encouraging

DAG 2 VAN 4

Bemoedig Ander Daagliks

Hoe dikwels het ons dus bemoediging nodig? Is jou werkgewer se jaarlikse klop op die skouer genoeg? Moet ons gesinne weekliks vriendelike woorde van ons hoor? Hoe behoeftig is ons werklik? Dit blyk dat ons mensdom heel behoeftig is. Ons het elke dag voedsel nodig. Ons het elke dag slaap nodig. Ons harte het ook elke dag bemoediging nodig.

Daar is onmeetbare voordeel daarin om ander in jou lewe te hê wat jou moed gee om aan te hou hoop en styf vas te hou aan jou geloof. As jy nie deel is van 'n gemeenskap van gelowiges nie, is vandag die dag om godvresende vriende te soek wat jou daagliks sal bemoedig. Deur ander te bemoedig, is gelukkig 'n goeie manier om so 'n gemeenskap te vind.

Hoe kan God vandag jou woorde gebruik om iemand te bemoedig?

Probeer dit: Bemoedig iemand vandag! Stuur 'n teksboodskap, maak 'n telefoonoproep, komplimenteer 'n medewerker, skryf vir iemand 'n nota of soek 'n ander manier om bemoediging te betoon.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

I'm Encouraging

Om ander te bemoedig, is meer as om net 'n rasieleier te wees. Laat hierdie 4-dag leesplan van Life.Church jou help om die skoonheid en krag van bemoediging te ontdek. Begin lees uit deel drie van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church