Hou Van JesusVoorbeeld
Nog nooit tevore in die geskiedenis het soveel mense soveel gehad nie, maar tog so ontevrede gevoel nie.
Sommige sosioloë wys na tegnologie en sosiale media as belangrike faktore in ons voortdurende ongelukkigheid. Ons is die eerste mense in die geskiedenis van die wêreld wat enige gegewe oomblik in die lewens van ander kan loer. Ons dra klein mediakragstasies (selfone) in ons sakke waarmee ons ander mense kan volg en afloer, deur al hul inskrywings en foto's en videogrepe.
En as dit wat ons in die lewens van ander sien beter, interessanter en meer vervullend lyk as ons eie lewens, voel ons dat ons iets mis. Natuurlik weerspieël daardie plasing waarna ons kyk nie noodwendig die hele werklikheid nie. Die meeste mense sit gewoonlik hul beste voet voor, en wys jou net die dinge wat hulle wil hê jy moet sien. Met plasings wat verander is met "Photoshop", verklein is, gefiltreer en geredigeer is, laat wat ons aanlyn sien ons eie werklikheid somber en vaal lyk.
Geen wonder ons voel dikwels so ontevrede nie.
Maak nie saak hoeveel ons het nie, dit kan nie vergelyk word met wat ons die nodigste het nie.
Miskien het niemand dit beter verstaan as die apostel Paulus nie. Toe Paulus in 'n tronk in Rome was, het hy geskryf oor sy ondervindinge en wat hy geleer het. Hy het basies gesê: "Ek het sonder die dinge wat ek voorheen nodig gehad het klaar gekom. Maar ek het ook tye gehad toe ek meer as genoeg gehad het. Die lewe gebeur in seisoene. Ek het goeie seisoene gehad waar alles goed gegaan het, en ek het moeilike seisoene gehad waar niks na my kant toe gekom het nie. Maar deur dit alles het ek geleer dat daar een geheim is om tevrede te wees: ek kan enigiets en alles doen — nie deur my eie krag nie — maar deur Christus. Jesus gee my die krag om enigiets wat oor my pad kom te hanteer.”
Jy sal altyd met ontevredenheid veg totdat jy Christus alles laat wees wat jy nodig het. Jy kan alles wat jy nog ooit wou hê najaag en alles kry. Dit sal nie genoeg wees nie.
Aan die einde van die dag, elke dag, sal jy steeds leeg voel.
Aangaande hierdie leesplan
Die gemiddelde persoon bestee 7,4 uur per dag deur na skerms te staar. Ons is lief vir die ongelooflike voordele van tegnologie, maar baie van ons vermoed daar is negatiewe gevolge aan die gebruik daarvan. As jy voel jou digitale afhanklikheid word onhanteerbaar, sal hierdie 7-dag leesplan jou help om weer 'n Christus-gesentreerde lewe te leef. Gebaseer op die boek Liking Jesus: Following Jesus in a Selfie-Centered World, deur topverkoper, skrywer en pastoor van Life.Church, Craig Groeschel.
More