Wees Versigtig Waaroor Jy DinkVoorbeeld
Ooo, Rêrig? — Dink Oor die Manier Wat Jy Oor Jouself Dink
Gister is jy uitgedaag om oor jouself te dink soos God oor jou dink. Jy het geleer dat jy dalk die kritikus binne jou moet stilmaak.
Dit mag dalk meer as een dag verg om daardie vaardigheid aan te leer — veral as jy al vir 'n rukkie negatiewe gedagtes oor jouself dink.
Kyk na hierdie video waarin jy kan leer oor die soorte gedagtes waarna jy kan luister as die kritikus binne jou begin praat.
Ja! Dit is die regte pad om die soort gedagtes te begin dink wat God oor jou dink. Wees deernisvol met jouself. God is vol deernis met ons. Hou op om jouself te veroordeel oor die dinge wat jy verkeerd gedoen het. Vergewe jouself en beweeg in vryheid aan.
Hou op om jouself te veroordeel oor al die maniere waarop jy dink jy anders moet wees. Dit is goed om jou sondige gedagtes en maniere te wil verander. Dit is goed om meer soos Jesus te wil wees! Dit is egter nooit — ooit — goed om jouself met ander te vergelyk en dan jouself te verkleineer oor alles wat jy nie is nie.
Net soos die video gesê het, as dit ooit vir jou moeilik is om iets te kry om vir God te prys vir die manier waarop Hy jou gemaak het, praat met iemand! Kry 'n volwassene wat jy vertrou en vra die persoon wat hy of sy in jou sien wat Goddelik en prysenswaardig is. Vra 'n vriend hoekom hy of sy daarvan hou om jou vriend te wees. Gebruik hulle antwoorde om jou te help om die kritikus binne jou stil te maak.
Vra jouself af: Is dit makliker om deernisvol te wees met anders as met myself? Hoe kan ek begin om myself, soos God my gemaak het, elke dag 'n bietjie meer lief te hê?
Daag jouself uit: Jy ken die oefening. Gryp jou joernaal. Skryf iets neer waarvoor jy dankbaar is. Dit moet iets van vandag wees. O, en dit moet iets wees waarvoor jy dankbaar is oor die manier waarop God jou gemaak het. Nee. Om dit net gister te gedoen het, was nie genoeg nie! Jy is 'n unieke skepping wat gemaak is deur die grootste Kunstenaar wat nog ooit bestaan het. Jy kan twee dinge neerskryf waarvoor jy dankbaar is oor hoe Hy jou gemaak het! Moenie vergeet om vandag se datum by te skryf nie.
Bid: Vader, weereens dankie vir die manier waarop U besluit het om my te maak. Help my om die goeie in myself te sien. Help my om deernisvol met myself te wees wanneer die kritikus binne my net soos die stem van my geestelike vyand klink. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Word jy ooit wakker en dan is jy in 'n slegte bui? Of het jy 'n emosionele uitbarstings? Val jy in die strik van haarklowery oor elke klein foutjie wat jy dink jy het? Ugh. Dit is nie pret nie. God wil egter nie hê ons moet so lewe nie. Hierdie leesplan sal jou help om die waarhede van Fillipense hoofstuk 4 te leer. Dit sal jou help om versigtig te wees waaroor jy dink!
More