Ek is DankbaarVoorbeeld
Alle Goeie Dinge Kom Van God Af
Die meeste van ons stem saam met hierdie stelling dat elke goeie ding van God af kom. Stem ons woorde en gesindhede egter daarmee saam? Een manier om uit te vind, is om te vra: “Is dit vir ander ooglopend dat ek glo God is die Voorsiener van alles wat goed in my lewe is?”
Probeer hierdie oefening enige tyd wat jy jou ingesteldheid van dankbaarheid moet versterk. Dink aan iets of iemand in jou lewe wat goed is. Dink nou terug totdat jy God as die bron van daardie goeie ding ontdek.
Om te besef dat God die bron van alle goeie dinge is, hou baie voordele in. Ons word nie net dankbaarder wanneer ons besef ons bring nie self die goeie in ons lewens voort nie, maar ons word ook minder angstig oor verlies, beter versorgers, vrygewiger en minder geneig tot trots.
Bid: Vader, dankie vir u goedheid. Nie net vir die goeie dinge, ervaringe en mense nie, maar net vir U. Vir wie U is. Here, U is so goed. Vul my hart en verstand met dankbaarheid vir my verhouding met U.
Aangaande hierdie leesplan
Dankbaarheid verander wat ons het, in genoeg. Hierdie 4-dag leesplan van Life.Church sal jou help om 'n dankbaarder perspektief te ontdek. Begin lees uit deel twee van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan.
More