Hoe Om Iemand Te Word By Wie Ander Wil WeesVoorbeeld
Wees Positief en Moenie Oordeel Nie
Dink vir 'n oomblik aan watter soort mens jy dink jy is. Dink jy mense hou daarvan om by jou te wees? Het jy 'n positiewe houding oor baie dinge in die lewe? Of, is jy geneig om 'n negatiewe persoon te wees wat altyd dink dinge is dom en vervelig — en mense is onnosel. Vermoed jy in die geheim dat dit vir mense moeilik is om naby jou te wees omdat jy altyd ander verkleineer? Wees eerlik teenoor jouself.
Mense hou daarvan om by iemand te wees wat positief is en ander nie oordeel nie.
God het ons geskep om die lewe te geniet, nié om daaroor te kla nie. Om in 'n verhouding met mense te wees, nié om hulle te oordeel nie.
Die lewe sal soveel meer pret wees as jy net aanvaar wie God jou gemaak het om te wees — iemand wat die goeie in hierdie wêreld en ander sien.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om 'n identiteit te skep wat alles vir jou sal verander. Kan jy die persoon word wat jy weet jy kan wees? Vind meer uit.
More