Nader tot GodVoorbeeld

Nader tot God

DAG 20 VAN 43

Lees: Hebreërs 4:12-13, Spreuke 30:5-6

SOAP: Spreuke 30:5-6

Wat beteken dit om gereinig of gesuiwer te word? Reinigingsrituele is nie meer so ‘n deel van ons moderne kultuur as wat dit vir die Israeliete was nie. Die Joodse volk was deeglik vertroud met seremoniële reinigingsvoorskrifte en wat dit beteken het om rein en onrein te wees. Hulle het baie tyd bestee aan die uitvoer van hierdie rituele. Hulle sou oombliklik verstaan het wat bedoel word met “elke woord van God is gelouter” (die Engelse vertaling praat van “purified”): Niks onreins of boos sou by God se woorde toegevoeg word nie.

Deesdae kan ons suiwerheid in verband bring met metale wat ons besit of koop. Byvoorbeeld, 10 karaat goud is ‘n allooi wat bestaan uit tien dele goud en veertien dele van ander metale soos koper, sink, silwer of nikkel. Persentasiegewys bevat 10 karaat goud 41.7% suiwer goud. Agttien karaat goud is 75% suiwer goud. God se woord is nie soos die metale wat ons gebruik nie. Dit is 100% suiwer!

Dankie Here, dat u woord suiwer is; onbesmet, volmaak, waar en vlekkeloos. Help ons om getrou te wees aan u woord, en niks daaraan toe te voeg of daarvan weg te neem nie. Dankie dat U en u woord altyd vir ons toevlug en beskerming bied. Amen. 

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Nader tot God

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/