Noodsaaklikhede vir die LeweVoorbeeld

Essentials For Living

DAG 2 VAN 16

Ons Moet God Se Genade Aanvaar

Die Bybel sê in Romeine 6:23: “Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here." Jy kan eintlik sê dat genade die geskenk is wat nooit ophou om te gee nie. Wanneer jy Jesus Christus, sy genade en sy liefde leer ken, word dit net beter en beter en beter. Dit is beskikbaar tot in ewigheid. Die beste lê nog voor!

Hoe gaan die hemel wees? Jy gaan herenig word met geliefdes wat die Here ken. Jy gaan vir jou geloof beloon word. Jy gaan 'n nuwe opdrag kry in 'n rigting waarvan jy hou. Jy gaan verlos wees van pyn, depressie, wanhoop, skaamte en skuldgevoel en jy gaan jubel en juig tot in ewigheid. Wat 'n voorreg!

Daar is egter 'n voorwaarde: jy moet dit aanvaar. As jy vandag tuiskom en 'n geskenk op jou tafel vind, maar jy los dit daar vir volgende jaar, onoopgemaak, sal dit baie dom wees. 'n Geskenk is waardeloos tensy jy dit aanvaar. Jy moet God se genade aanvaar deur sy Seun, Jesus Christus.

Sommige van julle het teruggehou omdat julle bang is vir verwerping. Dalk is jy deur jou ouers verwerp. Dalk is jy deur jou kêrel of jou meisie verwerp en dit het baie seer gemaak. Jy is moontlik deur jou broer of suster of deur maats op die speelgrond verwerp. Sommige van julle is deur 'n vorige man of vrou verwerp, wat jou verlaat het en baie kwetsende dinge gesê het, waaraan jy vandag nog dink.

Daar is egter een persoon wat jou nooit sal verwerp nie en sy Naam is Jesus Christus. Hy sê vir jou: “Kom na My toe.” Was jy in die geheim oorweldig deur skande in jou lewe? Jy kan vandag daarvan ontslae raak. Hoe meer jy die genade van God verstaan, hoe dieper word jou liefde vir God en hoe meer begeer jy om nader aan Jesus te kom — want dis byna onmoontlik om nie iemand lief te hê wat jou só lief het nie.

Luister na vandag se klankgreep van Pastoor Rick >>

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Essentials For Living

Daar is vyf noodsaaklikhede wat jy in die lewe moet hê om werklik te leef. Sluit aan by Pastoor Rick vir hierdie leesplan, waarin hy diep delf in die redes waarom jy krag vir die lewe, mense in jou lewe, beginsels waarvolgens jy moet leef, 'n lewensplan en 'n lewensdoel moet hê.

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.PastorRick.com