'n Vrou Van Betekenis: Oorkom Spanning Voorbeeld

A Woman Of Significance: Overcoming Stress

DAG 4 VAN 5

'n Misterie en 'n Wonderwerk

Spanning vind plaas wanneer ons meer dra as waarvoor God ons geroep het, en ons meer doen as waarvoor Hy ons geroep. Spanning is 'n waarskuwingsteken dat iets in ons lewe moet verander. Spanning kan ook die gevolg wees van die verbintenis tot die verkeerde dinge eerder as die regte dinge. 

Ek het nog altyd geglo dat my lewe in God se hande is — en dit is. Hy is soewerein, en Hy is beslis die God van alle gesag. Tog het Hy ons ook 'n vrye wil gegee om Hom te kies of nie — om goed te kies of nie. Hy het ons die krag gegee om te bepaal watter vlak van spanning ons in ons lewens het. Hy bied altyd vrede en rus aan sy kinders, selfs te midde van chaos en besige lewe. Ek weet dat vrede en rus sy wil vir my lewe is. Ek het egter die opsie om Hom te kies of nie, en in daardie opsig is my lewe in my eie hande.

Daar sal tydperke in die lewe wees wanneer jy sal moet leer hoe om te rus, maar nie op te gee nie. Slegs 'n vrou wie se hart op die ewigheid gesentreer is, sal in besigwees kan voort beweeg en kalm van hart wees, 'n vreedsame gelaat en 'n genadige stem behou. Gedurende tye van druk en oorlading van die lewe, sal jou geloof jou lei, jou bewaar en jou beheer.

Jy is sterker en in staat tot meer as wat jy dink want jy het 'n lewende Jesus in jou. Jy mag swak voel en nie in staat om alles die hoof te bied nie; jy voel dalk asof jy almal in jou wêreld in die steek laat. Dit is egter daardie oomblikke wanneer jy vir God se krag en vrede kan vra. Dit is beide 'n misterie en 'n wonderwerk: wanneer jy op die punt van die grootste frustrasie is, is God in staat om jou tot oorlopens toe met sy krag en vrede te vul.

Dit is wanneer ons aan die einde van onsself kom dat ons meer geneig is om ons wil, ons kalender en ons weë aan God oor te gee omdat ons weet dat ons nie sonder Hom kan oorleef nie. Jy mag dalk vandag op daardie punt wees. Indien wel, is jy by die plek van 'n wonderwerk! God hou daarvan om verswakte en vermoeide vroue met sy bonatuurlike krag en vreugde te vul. Dit is wat Hy die beste doen!

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

A Woman Of Significance: Overcoming Stress

Spanning het 'n manier om in 'n vrou se lewe op te stapel totdat sy nie in staat is om kwaliteit besluite te neem, 'n betekenisvolle gesprek te voer of wat sy gekry het te geniet nie. Jy is nie geskape as 'n angstige vrou wie se lewe by die altaar van bedrywighede verspil word nie. Jy is 'n vrou van betekenis, geskep vir vreugde, vrede en ewige impak!

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod/